2006-10-20 : Studente'keelvol' ná aanval op kampus

http://www.volksblad.com <br>briewe@volksblad.com

Moderator: AfrMod

2006-10-20 : Studente'keelvol' ná aanval op kampus

Postby GOSA » Thu, 2006-10-26 18:13

Studente'keelvol' ná aanval op kampus
Oct 21 2006
http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2017892,00.html

STUDENTE is nou keelvol en is nie bereid om enige verdere voorvalle te duld nie, sê mnr. Jan van Niekerk, voorsitter van die Vryheidsfront Plus (VF+) Kovsies.

Dit is luidens 'n verklaring wat die party uitgereik het ná die gewapende rooftog op twee studente op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Ná die onlangse voorval op die hoofkampus, waar die Vrystaatse o.19-haker, Janco Holtzhausen, en sy vriendin me. Riandri Trytsman aangeval is, is die studente se reaksie glo "keelvol verby".

"Na vele versoeke van studente, die studenteraad en die VF+ Kovsies, is daar steeds nie genoegsame maatreëls getref om studente te beveilig nie," sê Van Niekerk in die verklaring.

Hy sê verder dat die VF+ Kovsies op 19 September 'n amptelike vergadering hieroor gehad het met lede van die studentegemeenskap en topbestuur.

"Intussen is daar geen maatreëls getref om studente te beveilig nie.

"Die vraag ontstaan nou by die studentegemeenskap of die UV regtig omgee vir hul kliënte, die studente, wat duur betaal vir hul opleiding. Gaan maatreëls voor of nadat iemand dood is, getref word?"

In reaksie op 'n navraag wat Volksblad aan die UV gerig het, sê dr. Ezekiel Moraka, vise-rektor van studentesake, die bestuur van die UV neem die veiligheid van die studente en personeel op al drie die kampusse baie ernstig op.

"Vroeër vanjaar is 'n omvattende strategiese plan vir beveiliging van die hoofkampus aanvaar waarin verskeie aspekte rondom die aard en vlakke van kampusbeveiliging aandag kry."

Hy sê maatreëls, insluitende die installering van elektroniese toerusting, soos kameras, is by al die toegangshekke opgerig, daar is 'n sekuriteitswag wat by elke vrouekoshuis van 07:00 tot 02:00 diens doen, en die inwerkingstelling van die verpligte af- en aanskakel van uitgaande voertuie by al die toegangshekke is ingestel.

"Hierdie maatreël het reeds vrugte afgewerp deurdat geen voertuig sedert 1 Maart vanjaar op die hoofkampus gesteel is nie."

Moraka sê weens die voorval by Huis Roosmaryn patrolleer 'n bykomende veiligheidswag die grensdraad tussen Huis Roosmaryn en die Vrystaat-Argief 24 uur per dag en oor naweke.

Hy sê voorstelle vir die langtermynbeveiliging van die Huis Roosmaryn-omgewing gaan ook aan die uitvoerende bestuur van die UV gedoen word.

" 'n Voertuig van die UV se departement beskermingsdienste patrolleer 24 uur per dag die kampus en daar is ook wagte wat op die kampus rondbeweeg.

"Op langer termyn sal daar weer na ander bykomende misdaadvoorkomingsmaatreëls gekyk word. Hoewel misdaad op en om die kampus nooit heeltemal uitgeskakel kan word nie, probeer ons om 'n omgewing te skep waar die pleeg van misdaad beperk sal word."
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Volksblad

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 0 guests

cron