Man agter omstrede wapenwet bedank glo

http://www.volksblad.com <br>briewe@volksblad.com

Moderator: AfrMod

Man agter omstrede wapenwet bedank glo

Postby wrm » Thu, 2006-02-09 07:30

Man agter omstrede wapenwet bedank glo
Feb 07 2006 11:29:47:697PM - (SA)
Michelé O’Connor

KAAPSTAD. – Die groot gees agter die regering se omstrede Wet op die Beheer van Vuurwapens het glo bedank.

Gerugte van die bedanking van dir. Jaco Bothma, hoof van die Sentrale Vuurwapenregister (SVR), het gister soos ’n veldbrand deur die land se wapenkringe versprei. Die polisie het heftig ontken dat Bothma uit die polisie bedank het, maar het nie gereageer op ’n vraag of Bothma steeds die hoof van die SVR is nie.

Volksblad het verneem Bothma het glo sy goedjies gepak om hom aan die einde van dié maand by ’n bekende private veiligheid- en sekuriteitsonderneming in Pretoria aan te sluit. Dié onderneming maak onder meer gebruik van verskeie oud-polisielede se kennis en ervaring in onder meer private speurwerk.

Mnr. Martin Hood, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wapeneienaars (Saga), het gesê hy het ook die gerugte by ingeligtes gehoor en glo dit is waar.

“Dit sal ’n blye dag wees as Bothma besluit om te loop. Saga hoop net die regering en die polisie vervang hom met iemand wat weet wat hy doen,” het Hood gesê.

Mnr. Abios Khoele, voorsitter van die Swart Wapeneienaarsvereniging, het gesê Bothma se sogenaamde bedanking is net ’n politieke rookskerm. “Bothma is waarskynlik net na ’n ander afdeling in die polisie verplaas. Die regering sal hom wel met iemand vervang wat nog minder bevoeg is om die SVR te bestuur,” het hy gesê.
[x]No Guns [x]No Rights [x]No Future [x]No Way
wrm
 
Posts: 144
Joined: Mon, 2006-01-30 08:02
Location: Cape Town

Return to Die Volksblad

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 0 guests

cron