Gewonde vermeende inbreker nou soek - 20Apr06

http://www.volksblad.com <br>briewe@volksblad.com

Moderator: AfrMod

Gewonde vermeende inbreker nou soek - 20Apr06

Postby Rudi » Fri, 2006-04-21 18:57

Gewonde vermeende inbreker nou soek
Apr 20 2006 02:08:40:857AM - (SA)
Jeanne-Marié Versluis

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuu ... 83,00.html

DIE polisie weet nie waar die vermeende inbreker is wat in die kuit gewond is toe ’n vrou van ’n plaas by Winburg glo waarskuwingskote afgevuur het nie.

Supt. Veronica Ntepe, Oos-Vrystaatse polisiewoordvoerder, het gister gesê: “Ons weet nie waar hy is nie.”

Die vermeende inbreker is eergister uit die Winburg-hospitaal ontslaan waar sy wond behandel is.

Mej. Minjonet de Bruin (39) van die plaas Santiago in die distrik het eergister in die landdroshof op die dorp op ’n klag van poging tot moord verskyn nadat sy in verband met die skietery in hegtenis geneem is.

Sy moet weer op 21 Junie in die hof verskyn. Sy is op waarskuwing vrygelaat.

Haar prokureur, mnr. Piet Kotzé van die dorp, het gister gesê ’n voorlopige dossier vir ’n klag van huisbraak met die opset om te steel teen die vermeende inbreker, is aangelê.

’n Verklaring van De Bruin gaan vandag vir dié dossier by die polisie ingedien word.

Die polisie het gesê hy sal dadelik met die ondersoek begin sodra hy só ’n klag ontvang, “wat moontlik tot ’n inhegtenisneming kan lei”.

Volgens die polisie het De Bruin Vrydagmiddag glo ’n onbekende man by haar voorstoep sien wegkruip nadat sy twee vensters in die huis oop gekry het.

Sy het glo haar vuurwapen op hom gerig en hom beveel om in die huis te gaan. Sy het die polisie ontbied en die sentrale het De Bruin se buurman oor die voorval ingelig.

Toe die buurman se voertuig opdaag, het die vreemde man haar glo uit die pad gestamp en weggehardloop. Sy het na bewering toe waarskuwingskote afgevuur “en hy is in die kuit gewond. Hy het egter bly hardloop,” lui die polisieverklaring.

Kapt. Hennie Labuschagne, polisiewoordvoerder, sê omdat De Bruin en die man se weergawes nie strook nie, “is besluit om haar in hegtenis te neem”
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Die Volksblad

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 0 guests

cron