2011-06-12: Vrou (72) skiet rower dood

http://www.news24.co.za<br>
Submit letters at :<br>
<a href="http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/Feedback/0,,,00.html">http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/Feedback/0,,,00.html</a>

Moderator: GenMod

2011-06-12: Vrou (72) skiet rower dood

Postby GOSA » Mon, 2011-06-13 13:31

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika ... d-20110612




Vrou (72) skiet rower dood
2011-06-12 17:30


Oos-Kaap - 'n Vrou (72) wat op haar eie woon, het 'n inbreker in
St. Francisbaai geskiet nadat sy vasgebind en gedreig was, het
die polisie in die Oos-Kaap Sondag gesê.


Twee mans het Sondagoggend omstreeks 03:00 deur 'n venster geklim
en haar met 'n mes en skroewedraaier gedreig, het ao. Marianette
Olivier gesê.


Die vrou is geblinddoek, vasgebind en gedwing om die pinnommers
van haar bankkaarte aan die mans te gee.


"Terwyl een van die mans met haar motor gery het om geld uit haar
rekening te onttrek, het sy haarself losgemaak en 'n vuurwapen
uit die kas gehaal. Die man het probeer om haar vuurwapen te
gryp, waarna sy skote afgevuur en hom doodgeskiet het. Die tweede
man het teruggekom en haar met die vuurwapen gesien en
weggehardloop," het Olivier gesê.


'n Saak van moord en huisroof word ondersoek.


"Niemand is van moord aangekla nie. Ons sal formele ondersoeke
doen en 'n dossier na die openbare vervolger stuur voor 'n
besluit geneem word," het Olivier gesê.



- SAPA
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to News24

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 0 guests

cron