2011-02-28: Pa vertel hoe aanvallers 17 keer op hom skiet

http://www.news24.co.za<br>
Submit letters at :<br>
<a href="http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/Feedback/0,,,00.html">http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/Feedback/0,,,00.html</a>

Moderator: GenMod

2011-02-28: Pa vertel hoe aanvallers 17 keer op hom skiet

Postby GOSA » Mon, 2011-02-28 09:46

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/ ... t-20110228

Pa vertel hoe aanvallers 17 keer op hom skiet
2011-02-28 07:08

Hilda Fourie

Bethanie - 'n Pa was byna die helfte van sy twee maande oue
babaseuntjie se lewe in die hospitaal nadat hy 17 keer deur
aanvallers geskiet is.


Een van die vermeende aanvallers wat in verband daarmee
gearresteer is, het vroeër uit die Bethanie-polisiekantoor in
Noordwes ontsnap waar hy weens die moord op 'n polisieman
aangehou is.


As Johan Groenewald (38) terugdink aan die mini-oorlog op die
perseel van 'n drankverspreider in Silverton, Pretoria, kan hy
onthou hoe hy omgedraai het en in die loop van 'n pistool
vasgekyk het.


"Ek het my eie pistool gespan en toe breek alle hel los," het
Groenewald gesê.


"Ek onthou ek is geskiet en het gevoel hoe ek geskiet word. Ek
onthou ek het teruggeskiet, maar daarna nie veel nie."
Groenewald van Die Wilgers in die ooste van Pretoria is Vrydag,
toe sy seun, Stehan, twee maande oud was, uit die hospitaal
ontslaan.


Sy lyf is oortrek met merke waar die koeëls hom getref het. Sy
dybeen is gebreek en die boonste lit van sy regter-ringvinger is
geamputeer nadat dit deur 'n koeël getref is.


"Ek is van voor en agter geskiet. Hulle het my goed gepeper," het
Groenewald gesê.


"Dit is 'n wonderwerk dat ek leef. Ek het regtig nie gedink ek
gaan dit maak nie."


'n Vriend van Groenewald moes op 1 Februarie omstreeks 04:00 'n
kliënt van hom begelei ná 'n onthaal by die drankverspreider se
perseel.


Dié vriend het nie opgedaag nie en Groenewald, eienaar van 'n
veiligheidsmaatskappy, het uitgehelp.


Hy het gehoor hoe iemand oor die muur spring en 'n verdagte
voertuig wat wegry. Groenewald het nader gestap na waar hy die
geluide gehoor het.


Groenewald het omgedraai waar 'n aanvaller al met sy vuurwapen
gerig op hom, gestaan het.


Die volgende oomblik het aanvallers, wat vermoedelik onder
voertuie op die perseel weggekruip het, op Groenewald begin
skiet.


Hy is in sy voete, arms, bene, bolyf en ingewande getref.


Groenewald het een aanvaller gewond.


Die gewonde aanvaller is op die perseel in hegtenis geneem, het
konst. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, bevestig.


Volgens Groenewald het die polisie die man wat hy gewond het,
gesoek nadat hy na bewering betrokke was by die moord op 'n
polisieman in Noordwes.


Benewens dié man is nóg 'n man ná die voorval in hegtenis geneem.


Die twee mans is op borgtog van R2 000 vrygelaat.


Die polisie was ook nog nie by Groenewald om sy verklaring te
neem nie.


"Ek is nie kwaad dat ek geskiet is nie, maar dit maak my kwaad
dat die twee op borgtog vrygelaat is."


Kapt. Pinky Tsinyane, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die
ondersoekbeampte was wel by Groenewald in die hospitaal, maar hy
was nog bewusteloos.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to News24

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 0 guests

cron