2006-07-27 : Man vra beampte se ID; beland agter tralies

http://www.volksblad.com <br>briewe@volksblad.com

Moderator: AfrMod

2006-07-27 : Man vra beampte se ID; beland agter tralies

Postby GOSA » Mon, 2006-08-07 10:21

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,8523,5-83_1974686,00.html

Man vra beampte se ID; beland agter tralies
Jul 27 2006 11:44:27:430PM - (SA)
Danél Blaauw

NOG ’n Vrystaatse motorbestuurder is agter tralies gegooi omdat hy glo ’n verkeersbeampte in die uitvoering van sy pligte verhinder het toe hy dié om bewys van sy identiteit gevra het.

’n Man van Edenburg is die jongste slagoffer wat in die polisieselle beland het toe hy durf waag het om dié versoek aan ’n verkeersbeampte te rig.

Mnr. Wikus van Vuuren (41) het Dinsdagnag agter tralies geslaap nadat hy geweier het om sy besonderhede aan ’n beampte te gee wat homself nie wou identifiseer nie.

Die beampte, wat aan Volksblad bekend is, het Van Vuuren voor die koöperasie in Voortrekkerstraat afgetrek.

“Die man het in ’n wit Honda met getinte vensters gery.

“Hy het uitgeklim, my beleef gegroet en my rybewys gevra.”

Van Vuuren sê hy het nie sy rybewys by hom gehad nie. Die beampte, in uniform, het hom glo met vrae begin peper.

Hy het geweier om sy besonderhede aan die beampte te gee voordat dié homself nie identifiseer nie.

“Hy het gesê hy kan dit nie doen nie, want hy het dit nie by hom nie.”

Nadat Van Vuuren die beampte glo “herhaaldelik” gevra het om hom te identifiseer voordat hy sý besonderhede verskaf, het Van Vuuren voorgestel dat hulle polisiekantoor toe gaan.

“Enige ou dra deesdae ’n uniform. Ek kan nie links en regs my besonderhede vir enigeen gee nie.”

Die beampte het by die polisiekantoor dokumente ingevul en aangedui waar hy moet teken. Dié dokument het geblyk sy regte te wees wat hy op papier moes lees.

“Die volgende oomblik het hy my skoenveters en lyfband gevra.” Van Vuuren is in hegtenis geneem, omdat hy inligting van ’n geregsdienaar weerhou het.

“Ek weet ek was skuldig. Maar tot op ’n punt. Die feit dat hy hom nie kon identifiseer nie, het hom nét so skuldig gemaak.”

Hy sê die nag in aanhouding was “glad nie ’n aangename ondervinding nie”.

“Die omstandighede is verskriklik. Ek kan dit nie beskryf nie. ’n Vark kan in beter omstandighede leef.”

Van Vuuren sê hy gaan beslis regstappe teen die polisie en verkeersdepartement doen.

“Hulle het onregmatig opgetree. Ek is van my regte ontneem.”

Insp. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, sê ’n verkeersbeampte is in terme van die verkeerswet by magte om ’n mens in hegtenis te neem as die uitvoering van sy plig belemmer word.

“Die verkeersdepartement het nie aanhoudingsgeriewe nie en gebruik dus die polisie s’n.”

- Van Vuuren het Woensdag op Edenburg in die landdroshof verskyn op aanklag van die verhindering van ’n geregsdienaar in die uitvoer van sy plig. Die verhoor is tot 10 Augustus uitgestel.

- Onlangs het mnr. Frikkie Kruger van Bloemfontein hom ook teen geregsdienaars vasgeloop.

Kruger het in Mei ’n nag agter tralies geslaap omdat hy glo ’n geregsdienaar verhinder het in die uitvoering van sy plig. Dié saak is met sy tweede hofverskyning van die hofrol geskrap.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Volksblad

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 0 guests

cron