2008-10-01 : 'Geskiet om dood te skiet'

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-10-01 : 'Geskiet om dood te skiet'

Postby GOSA » Wed, 2008-10-22 12:03

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika ... 23,00.html


'Geskiet om dood te skiet'
Oct 01 2008 08:19:36:327PM - (SA)

Hilda Fourie


Hulle het tuinstoele teen die kamervensters gesit, op die stoele gestaan en
toe “geskiet om dood te skiet”.


Mnr. Johan Erasmus (51) het gisteroggend omstreeks 03:00 wakker geword van
’n geskietery en vensters wat breek by sy huis op Plaas Minnaar by
Bye-nespoort in die Cullinan-omgewing.


Die aanvallers het by sy en sy vrou, Gina (48), en hul dogter Ronel (25) se
kamers in geskiet. Ronel is in die been gewond.


Erasmus se ander dogter, Lucille (23), seun, Johan (14), en mnr. Braam Malan
(25), Ronel se vriend, was ook in die huis.


“Ek het net vir almal in die huis geskree om weg van die vensters te kom en
op die vloer te lê,” het Erasmus gesê.


“Sonder om te dink, het ek deur die kamervenster op hulle teruggeskiet en
hulle het gevlug.


“Hulle het so nege skote in my dogter se kamer afgevuur en vier of vyf skote
in my kamer.


“As ek nie dadelik teruggeskiet het nie, kon dit lelik geraak het en was ons
miskien vandag nie meer hier nie.


“Hulle het geskiet om dood te skiet.”


Volgens Erasmus is daar ’n 2,4 m hoë geëlektrifiseerde heining om sy erf,
wat die aanvallers geknip het om in te kom.


Die vensters aan die voorkant van die huis is almal stukkend geskiet.


Erasmus het gesê hulle kon nie sien hoeveel aanvallers daar was nie. Al wat
Ronel gesien het, was ’n swart hand.


Sy moes gister ’n operasie aan haar been in ’n Pretoriase hospitaal
ondergaan.


“ ’n Mens weet nie lekker wat om te doen nie,” het Erasmus gesê. “Jy koester
maar wraakgedagtes.”


Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê drie mans,
onderskeidelik 19, 24 en 28 jaar oud, is sowat ’n uur ná die voorval in
hegtenis geneem.


Huisbraakgereedskap is in hul besit gevind.


Volgens Jaftha word hulle voorlopig vir ondervraging aangehou, maar is hulle
nog nie formeel aangekla nie.


Die verdagtes kan dalk met ander huisbrake in die omgewing verbind word, het
Jaftha gesê.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 0 guests

cron