Kanadese besin oor duur en onpraktiese wapen wetgewing

Moderators: GenMod, AfrMod

Kanadese besin oor duur en onpraktiese wapen wetgewing

Postby GOSA » Thu, 2006-05-25 08:46

2006-05-25

Wapen Eienaars Suid Afrika (WESA) neem met groot belang kennis van onlangse gebeure en het tot die volgende slotsom gekom : Suid Afrika is in 'n totale kriminele anargie en het verval tot die punt waar iets sal moet meegee. Die burgers in SA is sat vir drakoniese beheermiddele en onodige wette wat nie wetgehoorsame en belastingbetalende burgers se belange op die hart dra nie. Ons is tog gemeenskaplik die kern, en die staat is ons dienaars wat namens ons regeer. In die afgelope tyd word allerhande patetiese statistiek aangehaal en voorgehou as middele om misdaad mee te bekamp. WESA wonder of die onlangse gruwelmoord op 'n 87 jarige en verkragting van 'n 24 jarige oor 3 ure deur 9 misdadiger, met ouderdomme van so jonk as 16 jaar, die toekoms is wat Pro-slagoffer groepe soos GFSA beplan. Is hul kop en een mus met misdadigers? Dit is waarheen ons beweeg met 'n algehele weerlose gemeenskap.

Intussen het Kanada as internationale moontheid tot hul sinne gekom. Ontwapening van wettige privaat vuurwapen eienaars sal en kan nie werk nie. So het die Kanadese Minister van veiligheid, Stockwell Day, verklaar. Die Kanadese vuurwapen wetgewing is 'n mislukking want dit is nie prakties uitvoerbaar nie, is 1000% oor begroting en het geen impak op misdaad nie. In 'n dapper openbare aankondiging sê hy "The Government plans to eliminate the long-gun registry and to better meet law enforcement needs while reducing burdens on law-abiding long-gun owners."

En raai wat, die drakoniese en idiologiese vuurwapenwet 60 van 2000 is letterlik woord vir woord gebaseer op die Kanadese model soos dit nou besig is on te misluk. Hoeveel Suid Afrikaners se lewens moet nog verlore gaan op die valse voorwendsels dat vuurwapens opspring en verandwoordelik is vir die dood van mense? (Indien dit die geval is sal WESA graag wil weet waar steek hierdie vuurwapens die lyke weg.) Mense misbruik onwettige vuurwapens wat primêr bekom is deur kriminele, korrupte en nalatige wyse. Dit van staatsinstansies soos die SAPS, Weermag, Gevangenisdiens en munisipale sektore. Dan ook deur roof, inbraak en transito kapings. Minder as 0.5% van alle vuurwapen misdaad in SA word gepleeg deur privaat wettige vuurwapen eienaars, soos aangehaal deur oud minister Sydney Mufamadi voor parlement.

Die internationale geborgde pro-slagoffer groepies moet nou alles in die stryd werp om hul finasiele behoud te laat voortbestaan. Hierdie pro-slagoffer groepe is desperaat om, voor die internationale Verenigde Nasies se 5 jaarlikse byeenkoms in Junie 2006, leuens en valse aantuigings te maak met navorsing wat selfs internationaal bevraagteken word. Indien die illusie van vuurwapen as sondebokke nie behoue kan bly nie, is sulke voorstaanders van misdaad sonder werk. Geen missie, geen werk. Dit is tyd dat Suid Afrikaners opstaan vir hul regte en aandring dat regering hul goed besoldigde werk doen. Skrap die kranksinnige wapenwetgewing en wend ons hardverdiende belastinggelde aan om misdadigers hok te slaan. Wetgehoorsame burgers se regte moet erken word soos vervat in ons konstitusie.

WESA is van opinie dat die regering in samewerking met pro-slagoffer groepe sensasionele geleenthede skep en misdaad probleme ignoreer, wat dan die geleentheid bied om dit aan te spreek met erger as apartheid verdrukking. Dit word opgevolg deur dan ook verdere onregverdige en onnodige totalitere beheer wetgewing in burgers se kele af te vorseer. Regerings wat hul gewapende burgers vrees moet self beslis gevrees word. Die laaste eeu se massamoorde, waar meer as 114 miljoen burger deur hul eie regerings etnies "gereinig" en vermoor was, is genoeg rede tot verdenking tydens sulke ontwapenings veldtogte. WESA dring daarop aan dat regering gehoor gee aan die stemme van wettige vuurwapen eienaars en die algemene publiek en hul huidige ontwapenings veldtog laat vaar. Klinkklare voorbeeld is die voorgestelde wetsveranderinge, wat bevestig dat die regering se ontwapenings veldtog besig is om spoed op te tel en dat hul nie 'n saak het met wettige vuurwapeneienaars se bydraes en voorstelle nie.

WESA is 'n voorstander van die vryheidsreg van elke burger in SA om die keuse te kan maak oor hoe hulle hul konstutitionele reg wil uituitoefen as dit kom by beskerming van hul lewens, eiendom en regte. As burgers met meer as 'n 80% meerderheid, soos talle openbare peilings reeds bepaal het, hulself wettiglik wil bewapen, dan moet hul die reg kan uitoefen en regering moet kennis hiervan neem. Wettige gewapende burgers verhoed misdaad en maak dit moeilik vir midadigers om slagoffers van SA se burgers te maak.


Thomas F. Eastes
Wapen Eienaars van Suid Afrika (WESA) Weskaap
admin@gunownerssa.org
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to GOSA Press Releases

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron