2008-03-27 : Persverklaring : Wangedrag van Polisiebeamptes

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-03-27 : Persverklaring : Wangedrag van Polisiebeamptes

Postby GOSA » Fri, 2008-05-16 09:56

Persverklaring : Wangedrag van Polisiebeamptes

27 Maart 2008




Die berig “Metro-man rand vrou glo aan oor hond” (Die Burger 27 deser) verwys.

Wapeneienaars Suid-Afrika veroordeel ten sterkste die uiters onprofessionele en skurkagtige optrede van die Metro polisiebeampte wie se totale gebrek aan respek vir die publiek en in die besonder teenoor ‘n dame op ‘n swak opvoeding of gebrek daaraan dui. Verder laat hierdie insident, wat nou reeds die soveelste van ‘n reeks soortgelyke insidente is, die vraag ontstaan of daar nou ’n wedywering ontstaan het tussen die Metropolisie en die misdaad element oor wie die grootste gevaar vir die publiek is.

Nie net is die hardhandige optrede van die beampte, sy beweerde agterstraattaalgebruik en weiering om toe te sien dat mediese sorg aan die dame verleen is totaal en al onaanvaarbaar nie, maar sy beheervoerende amptenaar se skynbare traak-my-nie-agtige houding is ewe onvanpas.

Daar is reeds voorheen daarop gewys dat die Vuurwapenbeheerwet (Wet 60 van 2000) niks anders is as ‘n fyn deurdagte plan om die publiek stelselmatig te ontwapen nie. Dié wet het reeds daartoe gely dat ‘n groot persentasie van die wetsgehoorsame publiek, wat nie vir die misdaadprobleem in die land verantwoordelik is nie, effektief ontwapen is deurdat hulle hul vuurwapens ingehandig het daar hulle nie kans sien vir die koste, tyd en romplslomp wat met die (onnodige) hernuwing van vuurwapenlisensies gepaard gaan nie. Die wet het ook reeds ‘n groot aantal werksgeleenthede laat verlore gaan, die belastingbetaler miljoene lande uit die sak gejaag en ernstige skade aan Suid-Afrika se vuurwapen kultuur-historiese erfenis aangerig.

Wanneer toenemende wangedrag deur polisiebeamptes soos die jongste voorval beskou word teen die agtergrond van die Vuurwapenbeheerwet voorspel dit niks goeds nie. Hierdie klas wetgewing gee immers feitlik sonder uitsondering aanleiding tot ‘n toename in geweldsmisdaad, magsmisbruik deur die owerheid en het die uitwissing van meer as 114 miljoen burgerlikes in die vorige eeu direk voorafgegaan. Hier het ons nou Gestapo tipe optrede in samehang met ‘n Gestapo tipe wet!

Wapeneienaars Suid-Afrika wens me. Deirdre O’Neill en haar familie asook die Onafhanklike Klagtedirektoraat sterkte toe met hul voornemende aksies en vertrou dat alle lede van die gewapende magte wat daaraan skuldig bevind word dat hulle misdrywe van hiedie aard teenoor die belastingbetalers wat hul salarisse betaal gepleeg het sumier ontslaan en hul name op ‘n swartlys geplaas word om te verhoed dat hulle nooit weer in ‘n soortgelyke betrekking aangestel word nie. Terselfdertyd doen WESA ‘n beroep op die publiek om te alle koste hul vuurwapens te behou deur aan die vereistes van die Vuurwapenbeheerwet te voldoen solank dié drakoniese wet op ons wetboek verskyn.

P.A. van Wyk
Wapeneienaars Suid-Afrika
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to GOSA Press Releases

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron