2011-03-11: Kopskoot het net 'geklik'

Quis Custodiet Ipsos Custodes?

2011-03-11: Kopskoot het net 'geklik'

Postby GOSA » Sun, 2011-05-15 11:43

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/K ... k-20110310

Kopskoot het net ‘geklik’
2011-03-11 00:15

Buks Viljoen

’n Polisieman van Carolina in Mpumalanga het glo ’n dienspistool teen die kop van ’n man gedruk wat sy verloofde wou beskerm en die sneller getrek.

Die pistool het net “geklik” omdat die wapen nie gelaai was nie.

Volgens mnr. Martin Smal (26) het die polisieman tydens ’n stryery op hom geskreeu: “F*ck you. I will shoot you!”

“Ek het my doodgeskrik toe hy die pistool teen my kop druk. Ek het soos ’n riet gebewe,” het Smal gister vertel. Hy het nie geweet die wapen was nie gelaai nie.

Die beweerde voorval het verlede Woensdagmiddag in die dorp gebeur terwyl Smal en me. Theresa du Plessis (21), sy verloofde, by vriende gekuier het.

Konst. Joseph Mmakola (31) het in ’n stadium by die huis opgedaag om ’n lasbrief aan die eienaar te beteken.

Terwyl die polisieman daarmee besig was, het Du Plessis glo by die huis ingestap om toilet toe te gaan.

“Die polisieman het haar uitgejaag en weggestamp.

“Ek het die voorval gesien en met hom in ’n woordewisseling betrokke geraak.

“Dit is toe dat hy sy pistool teen my kop druk. ‘I am a police­man and can do what I want,’ het hy vir my geskree.”

Toe Smal later die aand ’n klag teen Mmakola wou indien, het die polisie geweier om hom te help.

“Mmakola het in die aanklagkantoor gestaan en ek het hom aan die ander polisiemanne uitgewys. Hulle het gesê ek moet die volgende dag terugkom en met die stasiebevelvoerder praat.”

Sowat ’n uur later het een van Smal se vriende hom gebel en gewaarsku die polisie soek na hom.

“Hulle wou my in hegtenis neem omdat Mmakola glo ’n klag van aanranding teen my ingedien het.”

Smal is Dinsdagoggend saam met sy prokureur hof toe om by ’n onpartydige persoon ’n verklaring af te lê.

Hier is hy deur die polisie in hegtenis geneem en het Dinsdagnag in die selle deurgebring.

Hy moes Dinsdagnag in die selle deurbring en is die volgende oggend op borgtog van R1 500 vrygelaat.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, gaan Smal vandag bystaan om strafregtelike klagte by die polisie in te dien.

“Ons gaan die saak ook dringend by die Onafhanklike Klagtedirektoraat aanhangig maak.”

Lt.kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het teen druktyd nie op medianavrae gereageer nie.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to SAPS : Police Shootings, Brutality, Corruption and Incompetence

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests

cron