2011-05-03: Polisielede klap, vloek drie jong mans glo

Quis Custodiet Ipsos Custodes?

2011-05-03: Polisielede klap, vloek drie jong mans glo

Postby GOSA » Tue, 2011-05-03 14:42

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nu ... o-20110503

Polisielede klap, vloek drie jong mans glo
2011-05-03 00:30

Malani Venter

Stellenbosch - Drie jong mans van Somerset-Wes is glo ure lank deur polisielede van die Stellenbosch-polisie geklap, gevloek en gedreig nadat hulle ­vroeër die aand ’n bruin man wou help wat vermoedelik deur twee ander jong mans aangerand is.

Wiann Groenewald (18), ’n student aan die Boland Kollege, Jacques Geldenhuis (18), ’n student in Engeland, en Werner Wessels (18), ’n amateur-gholfspeler, het Saterdagoggend drie klagte van aanranding teen lede van die Stellenbosch-polisie aanhangig gemaak.

Hulle sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van verset teen inhegtenisneming en die verhindering van polisiebeamptes in die uitvoering van hul pligte.

Kapt. René Matthee, Stellenbosch se polisiewoordvoerder, het bevestig die drie is in hegtenis geneem en dat ’n saak van aanranding teen polisielede op 30 April by die polisiekantoor aanhangig gemaak is. “Ons ondersoek albei voorvalle.”

In die betrokkenes se beëdigde verklarings, wat in Die Burger se besit is, verduidelik elkeen die gebeure van 29 April wat gelei het tot wat hulle beskou as polisiewreedheid en hul inhegtenisnemings.

Mnr. Francois van Wyk (19), ’n vriend van die drie wat ook ten tyde die voorval by was, het ’n verklaring as getuie van die beweerde voorval ingedien.

Luidens al vier verklarings het die jong mans Vrydag omstreeks 23:00 in Birdstraat in die rigting van die Dros-restaurant gestap. Oorkant die kuierplek Die Lapa het die vier opgemerk hoe ’n “jong wit man” besig was om “’n ouer, grys bruin man met ’n snor” te slaan.

Hulle het die ou man te hulp gesnel.

Luidens Wessels se verklaring het twee polisievangwaens op daardie stadium verbygery en gestop. “Daar was ongeveer ses polisielede. Twee polisiemanne het Jacques hardhandig gegryp, sy kop baie hard teen die vangwa gestamp en hom agter in die vangwa gestoot terwyl hulle sy kop hard teen die deur van die voertuig gestamp het.”

Drie van die vier jong mans is glo “hardhandig” in die vangwa gelaai en na die polisiekantoor gebring. Daar is die drie glo hard in die gesig geklap en gevloek.

“Vier van die polisiemanne het ons die hele aand voortdurend toegesnou: ‘Julle wit boerseuns kom net k—k maak in ons dorp’... ‘Wat soek julle wit boere in ons dorp, julle moet f—koff’... ‘Wat kyk jy, jou p—s?’”

Hulle is om 03:00 vrygelaat, waarna ’n polisieman glo aan Wessels gesê het: “Julle moet verstaan as ons rassisties is.”

- Die Burger
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to SAPS : Police Shootings, Brutality, Corruption and Incompetence

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron