2011-02-24: Polisievrou skiet glo man se meisie

Quis Custodiet Ipsos Custodes?

2011-02-24: Polisievrou skiet glo man se meisie

Postby GOSA » Mon, 2011-02-28 09:48

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/ ... e-20110224


Polisievrou skiet glo man se meisie
2011-02-24 23:00


Johannesburg - 'n 29-jarige polisievrou is in Kagiso in hegtenis
geneem weens poging tot moord, het 'n woordvoerder in Gauteng
Donderdag gesê.


Volgens ao. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, is die vrou
omstreeks 06:30 in die Hospital View-distrik in hegtenis geneem
nadat sy glo haar man se meisie geskiet het.


"Die polisie is ontbied nadat die verdagte glo haar man se meisie
geskiet het tydens 'n argument. Die man was glo in die stort toe
hy die skote gehoor het," het Sibuya gesê.


Na bewering het die man beide sy vrou en meisie in 'n plas bloed
gevind met die vuurwapen wat langs hulle gelê het.


Die polisievrou is na die Kagiso-polisiestasie geneem en die
gewonde slagoffer na 'n plaaslike hospitaal vir verdere mediese
behandeling. Sy is glo in die linker-bobeen gewond.


Die verdagte het ook Donderdag reeds in Krugersdorp in die
landdroshof verskyn en staar anklagte van poging tot moord in die
gesig.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to SAPS : Police Shootings, Brutality, Corruption and Incompetence

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron