500 Polisielede skuldig

Quis Custodiet Ipsos Custodes?

500 Polisielede skuldig

Postby Koos Custodiet » Tue, 2009-09-08 12:47

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afri ... de_skuldig

500 Polisielede skuldig
2009-09-08 10:58

Johannesburg - Meer as 500 polisiebeamptes is verlede jaar op verskeie aanklagte binne interne verhore skuldig bevind aan onder andere moord, verkragting, aanranding, diefstal en korrupsie.

Sowat 38 polisiebeamptes is “aangekla van óf skuldig bevind aan moord” gedurende 2008/09 finansiële jaar.

‘n Totaal van 33 lede is aangekla van poging tot moord en sowat 20 vir verkragting, het Nathi Mthethwa, die minister van polisie gesê.

Die inligting is bekendgemaak nadat daar op ‘n parlimentêre vraag terugvoering gegee is, berig The Star.

‘n Totaal van 660 beamptes is deur die loop van 2008/09 van oortreding van die gereg aangekla.

Sowat 538 van daardie beamptes is skuldig bevind tydens ‘n dissiplinêre verhoor.

Die minister kon nie bevestig hoeveel van hierdie sake na die hof toe gegaan het nie.

- Sapa
Koos Custodiet
 
Posts: 19
Joined: Tue, 2006-11-21 10:03
Location: Galt's Gulch

Return to SAPS : Police Shootings, Brutality, Corruption and Incompetence

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron