2014-12-12: Hy meld roof aan, sien die rower is polisielid

Quis Custodiet Ipsos Custodes?

2014-12-12: Hy meld roof aan, sien die rower is polisielid

Postby GOSA » Fri, 2014-12-12 11:23

http://www.netwerk24.com/nuus/2014-12-1 ... polisielid

Hy meld roof aan, sien die rower is polisielid

’n Man wat by ’n vulstasie beroof is, kon sy oë nie glo nie toe hy die voorval by die polisiekantoor wou aanmeld en die man wat hom glo beroof het in polisie-uniform agter die toonbank aantref.

Dié konstabel (29) in die aanklagkantoor was glo die man wat hom kort tevore met ’n vuurwapen gedreig en beroof het.

Konst. Mpho Malatjie is Dinsdagoggend in die polisiekantoor in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die polisie in Limpopo, het gesê Malatjie is een van drie beamptes van die Polokwane-polisie wat in hegtenis geneem is. Hy en die ander twee, wat op aanklag van korrupsie aangekeer is, is geskors.

Malatjie het Dinsdagoggend vroeg, terwyl hy aan diens was, na ’n vulstasie in Onderstraat gegaan om glo kos te koop. Hy het toe glo gewone klere bo-oor sy polisie-uniform aangetrek en die winkel by die vulstasie beroof terwyl hy mense met sy dienspistool gedreig het.

Malatjie het glo ’n onbekende bedrag geld geroof voordat hy terug polisiekantoor toe is om sy skof te voltooi.

Malatjie het gister vlugtig in die Polokwane-landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding tot 18 Desember, wanneer hy moontlik om borgtog aansoek sal doen.

■ In nog ’n voorval is ao. ­Richard Mawasha (51) en ao. Simon Kutumela (48) vasgetrek omdat hulle glo omkoopgeld van R5 000 aanvaar het. Hulle het glo aan ’n man gesê sy ID is gedupliseer en stem ooreen met dié van ’n misdadiger. Hy moes opdok “om sy naam skoon te kry”.

– Marietie Louw-Carstens
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to SAPS : Police Shootings, Brutality, Corruption and Incompetence

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron