2006-09-10 : Persoonlike lewe bekyk

http://www.rapport.co.za

2006-09-10 : Persoonlike lewe bekyk

Postby GOSA » Mon, 2006-09-18 08:06

Persoonlike lewe bekyk voor jy wapenlisensie kry
Peet van Aardt
Johannesburg
2006-09-10

Wapeneienaars gaan voortaan nog meer sukkel om wapenlisensies te bekom of te behou.

Kragtens 'n wysiging van die Wet of Vuurwapenbeheer wat vandeesweek in die parlement goedgekeur is, sal wapeneienaars se persoonlike lewe en agtergrond nou 'n deurslaggewende rol speel in die toekenning van vuurwapenlisensies.

Die wysiging vereis dat mense wat aansoek wil doen om vuurwapenlisensies, asook die wat hulle lisensies wil hernu, 'n agtergrond-ondersoek moet ondergaan.

Volgens Leon Naidoo van Gun Free South Africa (GFSA) sal die wysigings dit "beslis moeiliker maak" om lisensies te bekom.

"Ons is besorg oor die onbevoegdheid van sekere wapeneienaars. Ons is bly oor die besluit."

Die wysigings is daarop gemik om lisensiehouers wat alkohol misbruik, dwelms gebruik of aan depressie ly, te ontwapen.

"Iemans was dalk bevoeg toe hy sy lisensie bekom het, maar mense kan verander," se Naidoo.

Lisensiehouers sal nou elke tien jaar moet heraansoek doen om lisensies. Dit sluit jaggeweereienaars in.

"Ons is bang dis 'n stappie agteruit," se mnr. George Nell, 'n prokureur was spesialiseer in vuurwapenlisensies. "Bekwaamheidstoetse kan 'n goeie ding wees, maar dit moet behoorlik uitgevoer word," se hy.

"Anders kan die Suid-Afrikaanse jagkultuur erg benadeel word."

Die wysiging is deur 210 parlementslede goedgekeur. Dertig lede het teen die wysiging gestem.

Naidoo se GFSA probeer ook om die minimum ouderdom van lisensiehouers te verhoog van die huidige 21 tot 25.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Rapport

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron