2009-03-07 : Polisielede se gedrag lei tot eise van miljoene

http://www.rapport.co.za

2009-03-07 : Polisielede se gedrag lei tot eise van miljoene

Postby GOSA » Wed, 2009-04-15 11:16

http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrik ... 76,00.html


07/03/2009 22:12 - (SA)
Regsman word SAPD-slagoffer
Sonja Carstens

Só moes baie al opgedok word

Polisielede se gedrag lei tot eise van miljoene rande

Pretoria
Onkundige polisielede is besig om slagoffers wat hulself uit noodweer
teen misdadigers verdedig voor die voet te arresteer sonder bewyse wat
hul weergawes van die gebeure weerlê.


Verskeie regters en landdroste beaam dit is een van die redes waarom
skadevergoedingseise weens onregmatige arrestasie teen die minister
van veiligheid en sekuriteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens die
afgelope vyf jaar drasties toegeneem het.


Dit is belastingbetalers se geld wat gebruik word om die eise te
betaal.


In die soveelste voorval is 'n getraumatiseerde adv. Gerhard van
Rooyen (35) die afgelope week by die Sunnyside-polisiekantoor in
hegtenis geneem enkele ure nadat hy en sy vrou, Nataliia, by 'n
uitkykpunt van Fort Klapperkop aangeval is.


Van Rooyen het 'n skoot in die rigting van konst. Romeo Mahlake, 'n
spoorwegpolisieman, geskiet nadat hy na bewering 'n pistool oorgehaal
en op die egpaar gerig het.


Agterna is vasgestel Mahlake, wat van diens af was, het 'n
dienspistool onwettig in sy besit gehad.


"Ek is geskok en teleurgesteld. Hoe moet ek myself en my gesin
verdedig? Ek het die ergste verwag en uit noodweer opgetree. Wat nou
met my gebeur, is erger as die ergste nagmerrie," sê Van Rooyen.


Mnr. Wessie Wessels, sy prokureur, sê die egpaar het Sondagaand kort
voor 19:00 na dié uitkykpunt gery omdat me. Van Rooyen, wat
oorspronklik van die Oekraïne afkomstig is, na die stad se ligte wou
kyk.


Onderweg het Mahlake en 'n makker by hulle verby gery, omgedraai en
langs hulle by die uitkykpunt stilgehou.


Wessels sê Mahlake het Van Rooyen aanwysings na Nieu- Muckleneuk
gevra.


Nadat Van Rooyen die rigting vir hom beduie het, het Mahlake uit die
motor geklim, sy pistool gespan en dit op die egpaar se motor gerig.
Sy makker het ook uit die motor geklim.


Van Rooyen het twee skote geskiet en na die Brooklyn-polisiekantoor
gejaag waar hy 'n klag van poging tot motorkaping ingedien het.


Terwyl hy weggejaag het, het Van Rooyen 'n ambulans en die polisie na
die toneel ontbied waar Mahlake, met sy vuurwapen langs hom, in die
pad gelê het. Mahlake se makker, wat te voet gevlug het, is steeds
soek.


Van Rooyen en sy vrou is huis toe nadat die polisie hul verklarings
afgeneem het.


Ure later is hy deur 'n polisiebeampte van die
Sunnyside-polisiekantoor gebel om "in te kom". Wessels sê Van Rooyen
het by sy aankoms gehoor hy word gearresteer weens moord.


" 'n Senior superintendent het vir my gesê dit is polisiebeleid om hom
te arresteer, aangesien hulle net die weergawes het van hom en van die
oorledene, wat op die toneel dood is. Weens haar "sinvolle" opmerking
het ek besluit dit help nie om verder met haar te praat nie," sê
Wessels.


By Van Rooyen se verskyning die middag in die Pretoriase landdroshof
het mnr. Sipho Le-tsoalo, aanklaer, gevra dat hy in aanhouding bly. Hy
wou die polisie sewe dae kans gee om die saak te ondersoek hoewel daar
aanvanklik geen beswaar teen sy vrylating op borgtog was nie.
"Was dit nie vir die insig van landdros Thesigan Pillay nie, sou Van
Rooyen, 'n slagoffer, nou agter tralies in die Pretoriase Lokale
Gevangenis moes sit. Die polisie het sy mag totaal misbruik en is in
sy kwaad gesterk deur die onkunde van 'n aanklaer," sê Wessels.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Rapport

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron