2008-08-16: Polisie ignoreer wet oor betaling vir vuurwapens

http://www.rapport.co.za

2008-08-16: Polisie ignoreer wet oor betaling vir vuurwapens

Postby GOSA » Wed, 2008-10-22 10:54

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,7 ... 63,00.html


16/08/2008 21:05 - (SA)
Polisie ignoreer wet oor betaling vir vuurwapens


Estelle Ellis


Kaapstad


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die afgelope vier jaar 'n wet
geïgnoreer wat bepaal hy moet vergoeding betaal aan vuurwapen-eienaars wat
hul wapens vrywillig indien.


In 'n toetssaak oor die grondwetlikheid van die SAPD se optrede word die
Kaapse hooggeregshof gevra om te beslis of die polisie hiermee kan voortgaan.


Regskenners het aan Rapport gesê die saak sal fyn dopgehou word omdat die
polisie se optrede kan neerkom op onteiening sonder vergoeding.


Die aansoek is ingedien deur die Valsbaai-vuurwapenklub en die
Regsalliansie van Suid-Afrika teen die minister van veiligheid en
sekuriteit, mnr. Charles Nqakula, die nasionale kommissaris van die
Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die appèlraad vir vuurwapens.


Volgens hofstukke weier die SAPD die afgelope vier jaar (sedert die nuwe
vuurwapenwet in werking getree het) om vergoeding te betaal aan
wapeneienaars wat hul vuurwapens vrywillig indien. Die wet maak wel vir
vergoeding voorsiening en vereis dat riglyne daarvoor opgestel word.


Nqakula het in Junie 2005 ­ ná 'n vraag in die parlement ­ gesê geen
vergoeding sal betaal word aan eienaars wat hul wapens vrywillig indien
nie, sê adv. John Smyth, QC, 'n afgetrede Britse advokaat en hoof van die
Regsalliansie van Suid-Afrika.


In Oktober daardie jaar het Nqakula gesê daar is nie vir dié betalings
begroot nie en mense "moet van hul wapens ontslae raak".


"'n Mens kan nie betaal word as jy van 'n bose ding ontslae raak nie," het
hy luidens hofstukke gesê.


'n Prokureur, mnr. Lionel Frank, het tussen Oktober 2005 en Mei 2008 vyf
keer aan die SAPD geskryf en 'n kopie van die riglyne vir vergoeding soos
bepaal in die wet gevra.


Hy het nooit 'n antwoord ontvang nie.


Smyth sê in hofstukke hulle weet van miljoene rande se vuurwapens wat
vrywillig by polisiestasies ingedien is waarvoor die eienaars geen
vergoeding ontvang het nie.


• In September 2006 het mev. I.M. Raw honderde vuurwapens by die
Umbilo-polisie in KwaZulu-Natal ingedien. Die wapens het 'n geskatte waarde
van R2 miljoen.


In Junie 2007 het die hoof van die sentrale vuurwapen-beheersentrum beslis
Raw is nie geregtig op vergoeding nie.


• Mev. Jill Howard van Gold Reef City Arms het 300 vuurwapens by die
polisie in Booysens, Johannesburg, ingedien. Die polisie het geweier om
haar eis vir vergoeding te aanvaar en gesê sy moet 'n prokureur gaan spreek.


• Mnr. Graham Alexander Millar het in April 2006 263 vuurwapens by die
Claremont-polisiestasie ingedien. Hy is meegedeel dat daar "geen vergoeding
is vir mense wat vuurwapens indien nie." Hy het 'n eis om vergoeding van
R89 174 ingestel, maar nooit weer iets van die polisie gehoor nie.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Rapport

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron