2007-12-08 : Chaos met wapens oor 'onkunde'

http://www.rapport.co.za

2007-12-08 : Chaos met wapens oor 'onkunde'

Postby GOSA » Wed, 2008-01-09 12:04

08/12/2007 18:57 - (SA)


Chaos met wapens oor 'onkunde'


SONJA CARSTENS


Pretoria


Al hoe meer vuurwapeneienaars moet hulle na die howe wend om die sentrale
vuurwapenregister en die appèlraad te dwing om die bepalings van die nuwe
wapenwet oordeelkundig toe te pas.

Een van dié is mnr. David John Carr, 'n jagter van Keimoes in die
Noord-Kaap.

Hy het 'n hofbevel in die Pretoriase hooggeregshof teen die polisie gekry om
die vuurwapen-appèlraad te dwing om onmiddellik 'n bevoegdheidsertifikaat
aan hom uit te reik.

Aanvanklik het die vuurwapenregister Carr 'n lisensie vir sy
twaalfboorhaelgeweer geweier.

Hy het daarteen geappelleer en sy lisensie is toegeken.

Toe hy om sy bevoegdheidsertifikaat aansoek doen, moes hy sê of 'n lisensie,
permit of magtiging vir 'n vuurwapen al aan hom geweier is. Sy antwoord was
nee.

Carr se aansoek vir die sertifikaat is op grond van dié antwoord van die
hand gewys.

Ook Carr se appèl teen die weiering van sy sertifikaat is van die hand
gewys.

Mnr. George Nell, regsverteenwoordiger van Carr, sê nou moet die polisie ook
Carr se regskoste betaal.

Intussen het Nell drie aanmanings aan die polisie gestuur oor die gesloer
met die hantering van dr. Niekie van Aswegen van De Aar se aansoeke om
vuurwapenlisensies.

Van Aswegen is die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging
in De Aar, die voorsitter van die Bo-Karoo-vuurwapenvereniging en
ondervoorsitter van die Griekwaland-Wes- Praktiese Pistoolskietvereniging.
Hy is self ook 'n wapenhandelaar.

Volgens Van Aswegen het hy in Januarie verlede jaar sy aansoeke vir sy
versameling wapens in bundels by die polisie ingedien.
In Junie verlede jaar moes hy hoor dit is nie van De Aar via Kimberley na
Pretoria versend nie.

Sedert Junie vanjaar wag hy dat sy aansoeke vir twee van sy lisensies wat as
"onvoldoende" terugverwys is na die polisie in De Aar hul opwagting in die
dorp maak.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Rapport

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron