2012-06-21: Aansoeke oor wapens oorweldig appèlraad

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2012-06-21: Aansoeke oor wapens oorweldig appèlraad

Postby GOSA » Thu, 2012-06-21 13:12

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nu ... d-20120621

Aansoeke oor wapens oorweldig appèlraad
2012-06-21 00:00
Gerhard Pretorius

PRETORIA. – Die feit dat net vier beamptes meer as 38000 appèlaansoeke moet oorweeg van mense wie se vuurwapenlisensies afgekeur is, lei tot ’n agterstand en groot frustrasie.

Jaco Kruger van Centurion, ’n prokureur wat in vuurwapenlisensieaansoeke spesialiseer, het gesê diegene in beheer van die sentrale vuurwapenregister het in hul pogings in 2010 om die agterstand in lisensieaansoeke in te haal, bloot die probleem op die appèlraad afgeskuif.

Dít is gedoen deur talle aansoeke eenvoudig van die hand te wys. ’n Aansoeker moes dan hof toe gaan om die redes uit hulle te probeer kry.

Kruger en George Nell, ook ’n prokureur, meen die polisie gee die probleem nou oor aan die aansoeker deur dié van hulle wat onsuksesvol was en selfs dié wie se aansoeke op appèl afgewys is, aan te raai om eerder van voor af aansoek te doen – iets waarvoor elkeen weer R140 sal moet betaal.

Nell het gesê die jongste syfer van appèlaansoeke waarmee die raad sit, is 38000. Die vier lede op die raad moet al die appèlle landwyd hanteer.

Volgens Kruger is daar ook verskeie probleme in die aansoekproses wat moontlik chaos kan veroorsaak, waarvan ’n gebrek aan redes vir die besluit die ergste is.

Kruger het gesê hy moes die polisie al by verskeie geleenthede hof toe sleep net om dié redes uit hulle te kry.

“Sodra ons die appèlaansoeke dan indien registreer hulle dit eers die dag waarop die raad daaraan begin werk. Omdat daar soveel aansoeke is en die raad onder druk is, maak hulle foute,” het Kruger gesê.

Die tweede probleem is ook dat die appèlraadbeamptes weens dié druk nie die aansoeke behoorlik deurlees nie en gevolglik foute maak.

Nog ’n groot probleem is dat dat appèlle wat goedgekeur word, nie altyd op die polisie se vuurwapenregisterstelsel aangeteken word nie.

“Die polisie het nooit werklik die probleem getakel nie. Hulle het dit net rondgeskuif en nou word hul swak adminis­trasie weer die gemeenskap se probleem,” het Kruger gesê.

Nell meen te min opgeleide mense om die aansoeke te oorweeg en die lukrake verandering in die aansoekstelsel deur top-bestuur, dra by tot die chaos.

Zweli Mnisi, woordvoerder van die minister van polisie, het gesê die probleme is onder hul aandag gebring.

Mnisi het gesê hulle het die polisie se burgerlike sekretariaat opdrag gegee om die probleme te ondersoek.

- Die Burger
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron