2010-10-22: Verlore wapens sal nog by ons spook

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2010-10-22: Verlore wapens sal nog by ons spook

Postby GOSA » Mon, 2010-10-25 10:02

http://www.dieburger.com/MyDieBurger/Br ... k-20101022

Verlore wapens sal nog by ons spook
deur HENNIE PIENAAR

2010-10-22 03:23

Nét 233 uit 3226 (oftewel 7,22%) van die polisie se wapens wat in die afgelope boekjaar gesteel of verloor is, is teruggevind (DB, 21.10).

Nie net is dit ’n toename van 17% nie, maar ook die derde jaar op ’n ry dat die polisie dié diefstalle nie onder beheer kan kry nie. Hoe gebeur so iets? Die statistieke in die weermag sal seker net so skokkend wees.

Wat het geword van vuurwapenregisters en die feit dat wanneer jy diensplig doen, jy jou wapen met jou lewe beskerm? Dat jy die betrokke vuurwapennommer uit jou kop ken, en dat jy jou wapen moet inhandig as jy jou diensplig beëindig?

Die hele situasie is na my mening net toe te skryf aan die verslapping en totale gebrek aan dissipline in die land – nie net in die polisie en die weermag nie, maar ook op die land se paaie, waar die motoriste (om van die taxi’s nie eens te praat nie) roekeloos en wetteloos ry net soos hulle wil.

Hoeveel keer is al gehoor dat R4-, R5- en selfs ou R1-gewere in gewapende rooftogte gebruik word, en deesdae ook in aanvalle in winkelsentrums?

Soms, maar ook net soms, is daar ’n gelukkie wanneer so ’n wapen gevind word. Voorheen sou dit so maklik gewees het om aan die hand van die betrokke nommer na te speur aan wie die wapen veronderstel is om te behoort, maar dit lyk my dit is nie meer so nie.

Dit lyk of die lede van die polisie nie vir die verliese aanspreeklik gehou word nie, en dus ook nie iets oorkom nie.

Wat ’n pragtige gebaar is dit dan nou nie. Verloor (of verkoop?) jou wapen, en siedaar, jy kry ’n ander een. ’n Mens hoef nie ’n onderwater-lugmagwerktuigkundige te wees om te besef dié verlore wapens gaan nog vir groot probleme sorg nie.

Een geluk is dat die “oortreders” nie geskiet sal word nie, want die regering-sonder-dissipline het mos ’n drakoniese wapenwet wat almal ontwapen het.

Generaal Bheki Cele, word wakker. Dit is nie speletjies nie!

HENNIE PIENAAR

Bellville
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron