2010-10-22: Beheer polisie se wapens strenger

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2010-10-22: Beheer polisie se wapens strenger

Postby GOSA » Mon, 2010-10-25 10:01

http://www.dieburger.com/MyDieBurger/Br ... r-20101022

Beheer polisie se wapens strenger
deur Neville Botha

2010-10-22 22:32

Ek verwys na “Polisie meer as 3000 wapens kwyt in ’n jaar” (DB, 21.10).

Volgens die polisie is in die afgelope twee boekjare onderskeidelik 3226 vuurwapens en 2759 polisie-vuurwapens gesteel of verloor. ’n Totaal van 5985. Jammer dat ons nie die statistieke het van die ammunisie wat gesteel is nie.

Ek wil weet hoeveel vuurwapens van die weermag, metropolisie en verkeerspolisie in dié tyd gesteel of verloor is.

Dit sal interessant wees om die statistieke te kry oor hoeveel vuurwapens wat in misdaad gebruik is, van die publiek gesteel is. Ek glo dit sal min wees.

Dit blyk dat slegs 26 beamptes aan tugstappe onderwerp is en net 18 skuldig bevind is. Wat is die statistieke oor lede van die publiek wat weens verlore of gesteelde vuurwapens skuldig bevind is?

Jammer, ek kry hond se gedagte. Hierdie “suksessyfer” teen polisiebeamptes is onaanvaarbaar. Beskerm die polisie sy lede? Is dit nie dwarsboming van die gereg nie? Waarom moet daar ’n verskil wees tussen die polisie en die gemeenskap met betrekking tot die vuurwapenwet?

As dit privaat veiligheidsmaatskappye was wie se lede hul vuurwapens in so ’n tempo verloor, sou die polisie dadelik hul vuurwapenlisensies intrek.

Wat ek verwag, is dat daar deursigtigheid, verantwoordelikheid, streng beheer en natuurlik behoorlike en eerlike optrede moet wees teen ’n lid wie se vuurwapen gesteel word.

Die inperking van vuurwapenbesit deur die gemeenskap met die nuwe wet is blykbaar nie die oplossing van ernstige misdaad waarby vuurwapens betrokke is nie. Wat wel ’n oplossing sal wees, is strenger beheer van polisiebeamptes se vuurwapens waarvan blykbaar duisende per jaar in die hande van misdadigers beland.

Die polisie se bestuur stel my teleur.

Neville Botha

Kuilsrivier
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron