2010-02-09: Net húlle moet wapens hê - staat

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2010-02-09: Net húlle moet wapens hê - staat

Postby GOSA » Tue, 2010-04-13 10:08

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/ ... t-20100209

Net húlle moet wapens hê - staat
2010-02-09 11:05

Dries Liebenberg

Durban – Die regering mik daarna dat wetstoepassers die enigste mense moet wees wat vuurwapens het, sê mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie.

Hy en komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister hier gesê die regering is besig om die geraamde 2 miljoen wettige én onwettige vuurwapens in die land beduidend te verminder.

’n Drie maande lange amnestietydperk het op 11 Januarie begin waartydens mense wettige en onwettige vuurwapens by die polisie kan inhandig. Sedertdien is 3?046 vuurwapens en 41 597 patrone ingehandig.

Sedert 2005 is bykans 1 miljoen vuurwapens uit sirkulasie geneem, het Mthethwa gesê. Wettige vuurwapeneienaars “wat voel hulle het nie meer hul wapens nodig nie”, word aangemoedig om dit in te handig. Dit is nodig omdat misdadigers vuurwapens steel of roof en dit dan vir misdaad gebruik.

“As wettige vuurwapeneienaars egter voel hulle het die wapens nog nodig, kan hulle dit hou,” het die minister gesê.

Volgens Cele kan die impak wat die polisie op die getal onwettige wapens in omloop maak, gesien word in die toename in mesmoorde. “Misdadigers wend hulle nou weer tot Okapi’s (messe), nie omdat dit hul wapen van keuse is nie, maar omdat ons die lewe vir hulle moeilik maak.”

Gister is sowat 10 000 vuurwapens wat ingehandig is of waarop die polisie beslag gelê het, in Durban vernietig. Die laaste paar weke is 80 000 sulke wapens ook in Gauteng vernietig.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Postby GOSA » Tue, 2010-04-13 10:32

Mooi man! Julle het julle bodyguards en julle mag vuurwapens hê, maar ons moet ons gatte afwerk om belasting te betaal sodat julle 'n vet salaris kan trek, terwyl julle ons nie kan beskerm nie, en terwyl julle nie wil hê ons moet onsself beskerm nie?

Julle het hierdie taktiek seker in Moskow geleer, né?
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa


Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron