2009-11-03: Dronk_polisie_skiet_straatverkoper

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-11-03: Dronk_polisie_skiet_straatverkoper

Postby GOSA » Thu, 2009-11-19 15:33

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afri ... atverkoper


'Dronk' polisie skiet straatverkoper
2009-11-03 09:59


Pretoria ­ Twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem, nadat hulle glo
geweier het om 'n straatverkoper te betaal, en hom toe doodgeskiet het.


"Die twee polisiebeamptes was van diens af, en onder die invloed van
alkohol toe hulle glo vieruur Sondagoggend die straatverkoper doodgeskiet
het, omdat hulle geweier het om hom te betaal," het Moses Dlamini,
woordvoerder vir die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Maandag gesê.


Die beamptes van die Pretoria sentraal-tak, was onderweg vanaf 'n kroeg na
die polisie se kaserne, toe die voorval plaasgevind het.


"Hulle het op die hoeke van Bosman- en Churchstraat op die straatverkoper
afgekom en van sy stalletjie se lekkernye begin eet. Hulle het geweier om
daarvoor te betaal," het Dlamini gesê.


'n Bakleiery het ontstaan, en die verkoper het die beamptes oorweldig.


"Hy het een van die beamptes met 'n bottel op sy kop geslaan. Een van hulle
het toe gehardloop tot by die kaserne, sy vuurwapen gaan haal en terug na
die toneel gehardloop."


"Twee skote is afgevuur, en die verkoper is op die toneel dood," het
Dlamini gesê.


Die polisiebeamptes is in hegtenis geneem, en sal in die
Pretoria-landdroshof verskyn.


- Sapa
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron