2009-09-01: Sege in hof vir wapen-eienaars

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-09-01: Sege in hof vir wapen-eienaars

Postby GOSA » Mon, 2009-09-07 09:21

http://www.dieburger.com/Content/Suid-A ... n-eienaars


Sege in hof vir wapen-eienaars


ROZANNE ELS


Kaapstad - Die minister van polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het drie maande
om met riglyne vir die uitbetaling van vergoeding aan mense wat vrywillig
hul vuurwapens ingee,vorendag te kom.


Dié beslissing van regter Jeanette Traverso gister in die Wes-Kaapse
hooggeregshof kan uiteindelik lei tot die uitbetaling van miljoene rande
aan vuurwapeneienaars wat hul vuurwapens sedert 2004 vrywillig ingegee het.


Kragtens die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens kan vuurwapeneienaars om
vergoeding aansoek doen indien hulle nie om herlisensiëring aansoek gedoen
het nie, of 'n lisensie geweier is vir vuurwapens in hul besit.


Traverso se beslissing volg op 'n aansoek deur die Geregtigheidsalliansie
van Suid-Afrika (Jasa) en die Valsbaai-skietklub teen die minister van
polisie, die nasionale kommissaris van polisie en die appèlraad van vuurwapens.


Hiervolgens het die applikante gevra dat die minister sy verpligting nakom
en riglyne saamstel vir die vergoeding van vuurwapeneienaars, soos deur die
wetgewing vereis word. Hulle voer aan dat die weiering en versuim van die
respondente om hul wetlike verpligtinge ingevolge die Vuurwapenbeheerwet na
te kom, 'n oortreding van die Grondwet is.


Luidens hofstukke is die relevante bepalings van die Wet op die Beheer van
Vuurwapens sedert 1 Julie 2004 van krag.


Pogings deur Mthethwa se regsverteenwoordiger, adv. Kosie Olivier, om
Mthethwa van die situasie te distansieer omdat hy nie destyds die pos van
minister beklee het nie, is deur Traverso veroordeel.


Sy het Olivier se versoek verwerp vir uitstel van die aansoek sodat
verklarings ter verduideliking van Mthethwa se betrokkenheid (al dan nie)
ingedien kan word. "Maar hoekom?" het sy gevra.


Mthethwa se verweer dat hy eers ná April in die pos aangestel is en dus
geen kennis van die riglyne dra nie, het geen indruk op haar gemaak nie.


"So, én?" was haar antwoord hierop. Sy het gesê dat die staat reeds erken
het dat hy nie 'n verweer het nie en die aansoek met regskostes toegestaan.


Traverso se beslissing het wye kommentaar uitgelok.


Ná die hofverrigtinge het adv. John Smyth QC van Jasa, gesê dié beslissing
kan lei tot die uitbetaling van miljoene rande.


"Die bevel sê wat die afgelope vyf jaar gebeur het, is onwettig en
ongrondwetlik," het Smyth gesê.


Mnr. Martin Hood, regsadviseur van die Suid-Afrikaanse Vereniging van
Wapeneienaars (SAGA), het by navraag gesê die beslissing moes lankal gebeur
het en dit is net die oortjies van die seekoei. Volgens Hood het Traverso
se beslissing 'n proses aan die gang gesit en wys dit op die tekortkomings
van die wetgewing.


"Die wetgewing is onregverdig en die polisie kan nié die taak wat hulle
opgelê is, vermag nie. Dit is net die begin van baie hofsake wat gaan poog
om dié wetgewing ter syde te stel," het Hood gesê.


- Die Burger
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron