2009-09-03: Vuurwapenwet moet geskrap word

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-09-03: Vuurwapenwet moet geskrap word

Postby GOSA » Mon, 2009-09-07 07:12

http://www.dieburger.com/Content/MyDieB ... skrap_word


Vuurwapenwet moet geskrap word
deur P.A. VAN WYK


2009-09-03 01:07


In aansluiting by die hoofartikel "Wapengeld" en die brief "Wapenwet plaas
groot druk op polisie" (02.09) die volgende.


Die wapenwet is sekerlik die beste voorbeeld van "vrugtelose en vermorste
uitgawes", soos in finansiële wetgewing gedefinieer, wat hierdie land nog
gesien het.


Afgesien van die reuse-koste van die wet het dit nie 'n enkele moord of
verkragting voorkom nie, maar, soos vuurwapenregteorganisasies en
vuurwapeneienaars herhaaldelik gewaarsku het, het misdaad toegeneem omdat
wetsgehoorsame burgers in weerlose teikens omskep is.


Die staat kan dus nie aanvoer hy het dit nie geweet nie.


Die wet het die publiek se reg op selfverdediging, private eiendom, om die
sport en belangstelling van jou keuse ongehinderd te beoefen en vryheid van
assosiasie aangetas, terwyl dit gedeeltelik ook ons kultuur-historiese
erfenis en erfreg vernietig het en tot die sluiting van baie
sake-ondernemings gelei het.


Wêreldwye empiriese getuienis van meer as 150 jaar het bewys dat
wapenbeheer 'n klaaglike mislukking met die bekamping van misdaad is, dat
dit altyd tot 'n toename in geweldsmisdaad lei en dat dit die ontwapening
en uitwissing van 'n beraamde 114,6 miljoen burgerlikes in die vorige eeu
voorafgegaan het.


Die vuurwapenbeheerwet (Wet 60 van 2000) is misdadig van aard, gevaarlik en
tot in die kern verrot.


Dit is in die belang van Suid-Afrika, en van vryheid en reg in die
algemeen, dat dit so spoedig moontlik geskrap word.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron