2009-09-02: Wapengeld

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-09-02: Wapengeld

Postby GOSA » Mon, 2009-09-07 07:11

http://www.dieburger.com/printArticle.a ... 7&cid=1642



Wapengeld
2009-09-02 01:22


Die uitspraak teen die minister van polisie oor vergoeding aan
wapeneienaars is nie die einde van die sage nie.


Jare al wys die wapendrukgroep daarop dat die wet die wortel én die tak
inspan om van Suid-Afrika 'n veiliger samelewing te maak. As jy jou wapen
ingee, sal jy vergoed word.


Tog het opeenvolgende ministers die deel in die wet oor vergoeding
geïgnoreer en volgens die hofuitspraak die "etos van rekenpligtigheid" in
die Grondwet verontagsaam.


Die huidige minister van polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het nou 90 dae om
aan te dui hoe die rooster gaan werk waarvolgens wapeneienaars vergoed gaan
word.


Die halsstarigheid van die regering gaan die staat miljoene kos, maar die
besef sal nou hopelik inslaan dat die regering ook sy verantwoordelikheid
moet nakom.


Wapeneienaars is verkeerdelik gebrandmerk as konserwatiewe regse rassiste
wat anti-regering is ondanks hul verweer dat hulle bloot hulself wil
beveilig. Dit nieteenstaande die feit dat daar ook swart wapeneienaars is


Die uitspraak van regter Jeanette Traverso is duidelik: Die regering is
verkeerd en moet nou met spoed die nodige doen om hierdie sloerende saak
reg te stel.


- Die Burger
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron