2009-09-02: Wapenwet plaas groot las op polisie

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-09-02: Wapenwet plaas groot las op polisie

Postby GOSA » Mon, 2009-09-07 07:10

http://www.dieburger.com/Content/MyDieB ... op_polisie


Wapenwet plaas groot las op polisie
deur QUINTIN PAPENFUS


2009-09-02 01:42


Ek het al in Augustus 2002 op hierdie blad gepleit dat die nuwe wet op die
beheer van vuurwapens met oorleg, takt en verantwoordelik gehanteer moet word.


Die aankondiging in swart letters op die voorblad (DB, 01.09) "Sege in hof
vir wapen-eienaars" getuig andermaal anders.


Mnr. Charles Nqakula, gewese minister van polisie, en oudkommissaris Jackie
Selebi moet na my mening ook mede-verantwoordelikheid aanvaar vir die nuwe
administratiewe las wat nou weer op die polisiediens se skouers geplaas word.


U aanname in die hoofartikel (01.09) dat die polisie gejag word, is na my
beskeie mening heeltemal korrek. Aksies moet dus baie meer daarop gerig
word om ons geregsdienaars te beskerm. In teenstelling hiermee word hulle
nou belas met 'n nuwe taak wat baie van hul tyd en inisiatief in beslag
gaan neem. Geregsdienaars moet wetgewing toepas en ek het begrip daarvoor
dat baie van hulle hare op hul tande moet hê in die nakoming daarvan.


Ek is bewus van vuurwapeneienaars wat al meer as vier jaar gelede aansoek
gedoen het om lisensies ingevolge die nuwe wet en dit nog nie ontvang het nie.


Daarbenewens begin die nuwe prosesse vir wapeneienaars eersdaags om weer
aansoek te doen om herlisensiëring.


Na my mening kan die polisiediens die taak van die uitvoering van die wet
op wapenbeheer nie doeltreffend toepas nie.


Meer hofsake in dié verband gaan nog volg.


Dit is net so jammer dat duisende rande deur Jasa en die Valsbaai-skietklub
bestee is om die polisie deur 'n hofbevel tot besinning te bring oor die
ongrondwetlike en onwettige wyse waarop hulle die wet toepas.


Ten slotte sou ek baie graag wou weet of die nuwe wet op wapenbeheer nou
misdaad in Suid-Afrika verminder?
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron