2009-03-31 : Briewe : Gee ons net ons wapens terug

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-03-31 : Briewe : Gee ons net ons wapens terug

Postby GOSA » Wed, 2009-04-15 13:43

http://www.dieburger.com/Stories/Opinio ... 08194.aspx


Gee ons net ons wapens terug
31/03/2009 06:39:35 PM - (SA)


Ek verwys na die berig in Die Burger van Vrydag 27.03.09.


Die regering en die polisie en Gun Free South Africa dreig ons nou al die
afgelope vier jaar om van ons wapens ontslae te raak. Bejaarde mense en van
die mense wat nie kans sien om deur die proses te gaan nie, het hul wapens
by die naaste polisiekantoor gaan ingee.


Misdadigers raak al hoe meer vreesloos en is lankal nie meer bang of
geïntimideer deur huise met veiligheidstelsels nie. Dit gee vir hulle 'n
veilige werksplek en hulle kan by huise instap en mense aanhou en hulle van
hul besittings beroof en moor soos hulle lekker kry. Aanvalle op huise is
'n teken dat wapenbeheer werk.


Supt. André Traut is glo bekommerd. Ek dink hy moet wees as jy in ag neem
dat die polisie gereeld groot getalle wapens landwyd verloor, wat dan in
misdaad gebruik word. Al wat ek vra, al wat wapeneienaars vra en al wat die
publiek vra, is dat ons wapens teruggegee word. Gee ons die kans om onsself
te verdedig. Gee ons die kans om ons naaste te beskerm soos wat van ons
verwag word.


Louis Jooste
Brackenfell
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron