2009-03-26 : Koeël eis 'Oom Fietsie' in oord

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-03-26 : Koeël eis 'Oom Fietsie' in oord

Postby GOSA » Wed, 2009-04-15 13:37

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 73866.aspx


Koeël eis 'Oom Fietsie' in oord
GLORIA EDWARDS
26/03/2009 11:02:24 AM - (SA)


'Oom Fietsie" het die Tweede Wêreldoorlog as soldaat oorleef, maar was nie
bestand teen die rowerkoeël wat hom gister by 'n aftreeoord aan die
Oos-Rand getref het nie.


Mnr. Pieter Bosch (83) se moordenaars het sy vlugtende vrou, Hannie (71),
daarna gepootjie sodat sy haar arm gebreek het, haar geskop en geslaan en
gedreig om haar dood te maak.


Die vier aanvallers het omstreeks 01:30 op die egpaar by hul huis in die
Oranjehof-aftreeoord vir Nederlanders in Pomona, Kempton Park, toegeslaan.


Mnr. Bosch het die slaapkamerdeur toegedruk om hom en sy vrou te probeer
beskerm, maar 'n koeël het daardeur gedring en hom in die hart getref.


Mev. Bosch het gister uit die Glynnwood-hospitaal in Benoni vertel een
rower het geskree hy sal haar doodmaak. "Hulle het die skuifdeur oopgebreek
en die foonlyn afgesny."


Sy het by die voordeur uitgehardloop waar 'n rower haar gepootjie het. "Met
die val het ek my arm gebreek." Sy is geskop en geslaan voordat sy gillend
na die buurvrou gevlug het.


Die rowers het met verskeie besittings gevlug.


Haar seun René (48) het gesê sy pa het in die 1950's na Suid-Afrika gekom.


"Hy het my ma hier ontmoet en hulle was 49 jaar lank getroud. Sy verstand
was nog helder, maar die oorlog het sy tol op sy liggaam geëis. Hy kon nie
lekker loop nie en het met sy fiets gery. Toe noem almal hom Oom Fietsie."


Mnr. Bosch sr. was 25 jaar lank 'n vliegtuigtegnikus by die SAL. Hy het
gereeld sendingwerk gedoen en minderbevoorregtes gehelp. "Hy't 'n kerkie in
Daveyton (naby Benoni) gebou en sy lewe daaraan gewy om mense te help. Die
ironie is dat hy nou deur minderbevoorregtes geskiet is.


"Mens kan hulle nie blameer nie ­ daar is net nie 'n sosiale stelsel in die
land wat sorg dat jongmense in die skool is en nie kwaad aanjaag nie. Die
ergste is dat weerlose oumense die teikens word. My pa kon teruggaan na sy
tuisland, maar hy wou hier bly."


Me. Lottie Damhuis, voorsitter van Oranjehof, het gesê die inwoners is baie
geskok. "Ons het 24 uur-veiligheid op die perseel. Dit is ons eerste voorval."


Kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder, het mense met inligting gevra om
die polisie te bel.


Mnr. Bosch sr. laat nog drie seuns, Barend (47), Hans (43) en Menno (41),
agter, asook vier kleinkinders, twee broers en ses susters.
Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron