2009-03-26 : Rowers skiet man in huis in Welgelegen

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-03-26 : Rowers skiet man in huis in Welgelegen

Postby GOSA » Wed, 2009-04-15 13:37

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 99294.aspx


Rowers skiet man in huis in Welgelegen
UNA CUPIDO
en
MELISSA NEL
26/03/2009 08:08:56 AM - (SA)


Kaapstad. - 'n Man van Welgelegen, Parow, is in 'n ernstige toestand nadat
hy gisteraand deur rowers in sy huis geskiet is.


Drie verdagtes het die 55-jarige man, sy vrou (52) en hul seun (28) oorval
toe hulle van die winkel teruggekeer het.


Hul name word weens veiligheidsredes weerhou.


Volgens kapt. Marie Louw, woordvoerder van die Parow-polisie, het die
voorval omstreeks 21:00 gebeur. Die vrou het by die motorhuis ingery terwyl
haar man en seun sitkamer toe gestap het.


Die verdagtes het 'n paar minute later by die voordeur ingestap.


Hulle het geld en juweliersware geëis. Volgens Louw het die huiseienaar
geweier en sy honde laat inkom.


Toe een van die honde die verdagtes wou aanval, is skote op die hond
gevuur. Die huiseienaar het die hond probeer beskerm en is in sy linkerbeen
en maag getref. Sewe skote is afgevuur.


Volgens Louw is die man in 'n ernstige, maar stabiele toestand in die
Netcare N1 Stad-hospitaal.


Die hond is ongedeerd.


Die verdagtes is op vrye voet en die polisie vermoed die motor waarin hulle
gevlug het, het daar naby gewag.


Louw het gesê aanklagte van poging tot moord en poging tot huisroof word
ondersoek.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron