2009-03-25:Eienaars van vuurwapens sak toe op polisiestasies

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-03-25:Eienaars van vuurwapens sak toe op polisiestasies

Postby GOSA » Wed, 2009-04-15 13:36

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 97463.aspx


Eienaars van vuurwapens sak toe op polisiestasies
MARCO BOTHA
25/03/2009 10:08:26 PM - (SA)


Kaapstad. - Vuurwapeneienaars in die provinsie sak die afgelope maand in
massas op polisiekantore toe.


Die laaste dag om herlisen­siëring aansoek te doen is 31 Maart en alle ou
vuurwapenlisensies verval op 30 Junie.


Vuurwapens kan verkoop word of by polisiekantore ingehandig word vir
vernietiging indien lisensies geweier is of geen aansoeke ingedien is nie.


Konst. Hennie du Randt, woordvoerder van Malmesbury se polisiekantoor, het
gister gesê hul kantoor is deesdae stampvol.


Altesaam 50 vuurwapens is reeds vandeesmaand by hulle ingehandig om
vernietig te word, waarvan 38 Maandag ontvang is.


Kapt. Fienie Nimb van die Bellville-polisiekantoor het gesê die meeste
mense handig pistole en haelgewere in. Baie mense laat net hul vuurwapens
deur die polisie deaktiveer sodat hulle dit om sentimentele redes kan hou.


Dir. Jaco Bothma, hoof van die sentrale vuurwapenregister, het gesê die
nuwe vuurwapenwet maak nie voorsiening vir 'n erfeniskategorie nie. Mense
wat vuurwapens om dié rede wil hou en dit nie wil deaktiveer nie, sal in
een van die ander kategorieë, soos sport of jag, moet aansoek doen.


Du Randt het gesê heelparty van die vuurwapens wat hulle ontvang het, is
erfstukke. "Baie ouer mense bring ook dubbelloop-haelgewere in en skaal af
na kleiner vuurwapens vir selfverdediging."


Vuurwapeneienaars hoef eers teen 30 Junie van hul vuurwapens ontslae te
raak, maar met aansoeke om herlisensiëring wat volgende week sluit, staan
die geregsdienaars bont met aansoekvorms.


Die eienaar van 'n vuurwapen-opleidingsentrum in die noordelike voorstede
van Kaapstad het gister gesê die afgelope maand besoek tussen 100 en 200
mense hom daagliks om hul registrasiedokumente vir herlisensiëring in orde
te kry.


Hy meen daar is te veel mense en te min tyd oor om die aansoekproses teen
volgende week suksesvol af te handel.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron