2009-03-20 : BRIEWE: Vuurwapenwet het politieke motief

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-03-20 : BRIEWE: Vuurwapenwet het politieke motief

Postby GOSA » Wed, 2009-04-15 13:34

http://www.dieburger.com/Stories/Opinio ... 30907.aspx


BRIEWE: Vuurwapenwet het politieke motief
20/03/2009 08:01:16 PM - (SA)


Q.D. PAPENFUS, Oudbrigadier, SAP Durbanville:Die 31ste Maart is die
keerdatum waarop wettige vuurwapeneienaars aansoek om herlisensiëring kan
doen. Dit beëindig dan die tydperk van vyf jaar waarin grasie aan hulle
verleen is.


Hoe die regering die ongeveer een en 'n half miljoen eienaars wat nog nie
aansoek om herlisensiëring gedoen het nie, gaan hanteer en/of vervolg, is
'n ope vraag. Net die tyd sal leer.


Indien die regering wel besluit om die mense aan te kla, kan tereg gevra
word: gaan die doel die middele heilig?


Gefrustreerde vuurwapeneienaars is die afgelope vyf jaar tot die uiterste
beproef met administratiewe prosesse en eksamens wat afgelê moes word. Wat
my egter van die hele saak hinder, is die regering se versuim om sekere
vrae te beantwoord wat tot nou toe nog in die lug hang.


Vrae soos: Gaan die mense wat nie aansoek om herlisensiëring gedoen het
nie, nou vervolg word? Gaan daar teen die hanteerders van die 7 000
vuurwapens wat in die staatsdiens verlore geraak het, opgetree word?
Hoeveel eienaars het wel aansoek gedoen om herlisensiëring? Watter
persentasie daarvan is goedgekeur? Gaan mense wat vrywillig hul vuurwapens
ingegee het, vergoed word? En het die nuwe vuurwapenwet enige
betekenisvolle verandering teweeggebring wat die voorkoming van misdaad in
Suid-Afrika betref?


Na my mening word die speelveld na 31 Maart voorberei vir die konflik wat
tussen die regering en die, tot nou toe, wettige vuurwapeneienaars sal
heers. Intussen swyg die regering steeds en word ons gedwing om ons eie
afleidings te maak. Ek glo nog steeds dat die nuwe wet 'n politieke motief
het en dat dit 'n proses is waardeur mense stelselmatig ontwapen word. Juis
daarom die groot koste om lisensies te bekom en al die administratiewe
prosesse en eksamens wat daarmee gepaard gaan.


Intussen wil ek wettige vuurwapeneienaars versoek om asseblief voor D-dag
aansoek te doen­ dit gaan hulle baie frustrasie spaar.


'n Mens kan maar net raai waarom die regering so 'n swye oor die toepassing
van die nuwe wet handhaaf, want die verkiesing lê net om ­die draai.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron