2009-02-19 : Hoe gemaak met jou vuurwapen?

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-02-19 : Hoe gemaak met jou vuurwapen?

Postby GOSA » Wed, 2009-04-15 10:50

http://www.dieburger.com/Stories/Opinio ... 15505.aspx


Hoe gemaak met jou vuurwapen?
19/02/2009 07:08:52 PM - (SA)


In die jare sestig het ek 'n ligte kaliber vuurwapen aangeskaf hoofsaaklik
vir selfverdediging vir my eggenote wat alleen tuis was terwyl ek deeltyds
aan die plaaslike universiteit studeer het en sy sommige aande alleen tuis was.


So het sy dan ook een aand ons diaken by die voordeur ontmoet, vuurwapen in
die hand, tot groot verbasing van die arme kollektant.


Intussen het die nodigheid vir die aanhou van die vuurwapen verdwyn en het
ek dit onnodig geag om die nuwe lisensie, soos bepaal deur die nuwe
Wapenwet, te bekom. Ek sou egter die vuurwapen as 'n aandenking wou behou ­
nadat die nodige slagpen-verwydering aangebring is natuurlik ­ maar tot my
skok moes ek uitvind dat wapenhandelaars hierdie aanpassing teen 'n koste
van R600 moet aanbring. Dit is inderwaarheid drie maal die prys wat die
vuurwapen aanvanklik gekos het.


Daarna moet die wapen in ieder geval in 'n eie kluis geberg word.


Tensy 'n kenner op hierdie gebied vir my alternatiewe raad kan gee, blyk
dit of die probleem slegs twee oplossings het, naamlik:
1. Stel dit onskadelik en skenk dit aan 'n wapenhandelaar vir gebruik van
onderdele, of
2. Oorhandig dit aan die naaste polisiekantoor vir vernietiging.


My vrese is dat die wapen in laasgenoemde geval moontlik weer op die een of
ander manier in die hande van misdadigers kan val en daar is heelwat
riemtelegramme wat dié moontlikheid staaf.


E.C. BOTHA
Lorraine
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron