2009-02-13 : Taliep-familie soek die moordwapen

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-02-13 : Taliep-familie soek die moordwapen

Postby GOSA » Mon, 2009-02-16 14:50

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 75299.aspx


Taliep-familie soek die moordwapen
MARLENE NEETHLING EN MARELIZE BARNARD
13/02/2009 12:35:05 AM - (SA)


Wat het van die vuurwapen geword en die man wat die wapen verskaf het
waarmee Taliep Petersen vermoor is?


Met Najwa Petersen wat vandeesweek gevonnis is tot 28 jaar tronkstraf vir
haar man se dood, is een van die volgende stappe vir die Petersen-gesin in
hul soektog na geregtigheid die kwessie van die vermiste vuurwapen.


Mnr. Igshaan Petersen het gister op 'n mediakonferensie wat deur Petersen
se familie gehou is, gesê dit is van die hoogste belang, want dit is die
wapen waarmee sy broer doodgemaak is.


Die familie gaan die staatsaanklaer, adv. Shireen Riley, nader en vra wat
verder gedoen kan word.


Die fluitjieblaser, mnr. Fahiem Hendricks, se kwytskelding van vervolging
deur regter Siraj Desai stem Petersen se familie nie baie gelukkig nie.


" 'n Ooreenkoms is 'n ooreenkoms. Hoewel ons nie gelukkig is nie, is daar
niks wat ons kan doen nie," het mnr. Igshaan Petersen gesê.


Noudat die Petersens die volle regsimplikasies van Najwa se vonnis
verstaan, meen hulle sy is nie lank genoeg tronk toe gestuur nie.


"Ek het gister gesê ek is gelukkig met die vonnis, maar noudat ek weet sy
gaan nie 'n volle 28 jaar in die tronk deurbring nie, voel ek sy het te lig
daarvan afgekom," het me. Maátoema Groenmeyer, Taliep se suster, gesê.


Volgens mnr. William Booth, 'n regsverteenwoordiger, sal Petersen minstens
sowat 'n derde van haar vonnis moet uitdien voordat sy om parool aansoek
kan doen.


"Faktore soos goeie gedrag en die suksesvolle voltooiing van
rehabilitasiekursusse in die tronk dra by tot wanneer sy parool sal kan
aanvra."


Oor die moontlikheid dat Petersen se familie gaan appelleer het prof.
Gerhard Kemp, 'n dosent aan die Universiteit Stellenbosch se regsfakulteit,
gesê dit is onwaarskynlik dat 'n ander hof Desai se gevolgtrekking sal
omkeer. "Die uitspraak in dié geval lyk vir my redelik in die kol," het hy
gesê.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron