2009-01-26 : Twee ligpunte in vuurwapenmoeras

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-01-26 : Twee ligpunte in vuurwapenmoeras

Postby GOSA » Mon, 2009-02-16 14:24

http://www.dieburger.com/Stories/Opinio ... 17185.aspx


Twee ligpunte in vuurwapenmoeras
26/01/2009 07:35:12 PM - (SA)


Spertye waarteen vuurwapeneienaars moet heraansoek doen om hul
vuurwapenlisensies of moet ontslae raak van hul vuurwapens kom vinnig nader.


Die SA Polisie se oudit van hierdie heraansoeke en die heruitreiking van
lisensies het hulle verstrengel in 'n selfgeskepte papiermoeras waaruit
hulle nie maklik sal kom nie. Ekself wag al sedert 2 Desember 2005 vir 'n
antwoord op my herlisensiëringsaansoeke.


Ten opsigte van nuwe vuurwapenlisensie-aansoeke wag aansoekers tans vir
langer as 'n jaar op 'n uitslag. Ekself het tot onlangs elf maande gewag
vir 'n nuwe lisensie.


Tans wag ek reeds sewentien maande vir 'n verdere nuwe lisensie.


In hierdie hele morbiede situasie is daar darem twee ligpunte van
tevredenheid wat ek tot dusver kon ervaar.


My ou vuurwapens is nog wettig in my besit onder my bestaande ou lisensies.
Sedert ek my twee nuwe jaggewere gekoop het, is ek nog deurlopend toegelaat
om met die gewere te jag met tydelike magtigings onder art. 21 van Wet 60
van 2000. Deurlopend kon ek dus my kultuur as toegewyde jagter beoefen en
sodoende my gesondheid en welsyn jaarliks bevorder.


Dit blyk dat ons jagters en die publiek onkundig is rondom hul regte
ingevolge art. 21.


'n Aansoek om tydelike magtiging moet binne sewe dae oorweeg en verwerk
word. In totaal is sewe tydelike magtigings al aan my uitgereik om te jag
met my nuwe jaggewere.


Tydelike magtigings word deur die SA Polisie op provinsiale vlak plaaslik
oorweeg en uitgereik. Sou 'n tydelike magtiging van 'n jagter om 'n
bevoegdheidsertifikaat ingevolge art. 10 van Wet 60 van 2000 te besit
geweier word, kan hy, buiten 'n appèlprosedure, ook sy plaaslike
gelykheidshof nader vir regshulp ingevolge Wet 4 van 2000.


Willem Smit
Durbanville
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron