2008-08-25 : Staat 'moet vir ingediende vuurwapens betaal'

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-08-25 : Staat 'moet vir ingediende vuurwapens betaal'

Postby GOSA » Wed, 2008-10-22 10:56

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 30662.aspx


Staat 'moet vir ingediende vuurwapens betaal'
CARRYN-ANN NEL
25/08/2008 11:46:19 PM - (SA)


Kaapstad. - Die Geregtigheidsalliansie van Suid-Afrika (Jasa) wil hê die
hooggeregshof moet bevind dat die staat nie sy pligte nakom nie omdat
vuurwapeneienaars nie vergoed word vir vuurwapens wat hulle aan die staat
oorhandig nie.


Jasa en die Valsbaai-skietklub (die twee applikante) voer in hofstukke aan
dit is onwettig van die staat om vuurwapen­eienaars nie te vergoed nie.


Hul aansoek is teen die minister van veiligheid en sekuriteit, die
nasionale kommissaris van polisie en die appèlraad van vuurwapens.


Die applikante vra luidens hofstukke 'n beslissing dat die weiering en
versuim van die respondente om hul wetlike verpligtinge ingevolge die
Vuurwapenbeheerwet na te kom, 'n oortreding van die Grondwet is.


Die applikante vra ook dat die eerste respondent (die minister van
veiligheid en sekuriteit) sy verpligting nakom en riglyne saamstel vir die
vergoeding van vuurwapeneienaars, soos deur die Vuurwapenbeheerwet vereis word.


Die Burger het by die applikante se opdraggewende prokureurs, Grant Gunston
Geïnk., verneem die respondente het reeds aangedui dat hulle die aansoek
gaan teenstaan.


Luidens hofstukke is die relevante bepalings van die Vuurwapenbeheerwet
sedert 1 Julie 2004 van krag.


Mnr. John Smyth QC, 'n afge­trede lid van die balieraad van Engeland en
eredirekteur van Jasa, voer in sy beëdigde verklaring aan dat die
respondente onwettig opgetree deurdat hulle nie in ooreenstemming met die
Vuurwapenbeheerwet opgetree het nie. Volgens hom word vuurwapenverkopers en
individue weens die komplikasies en vertragings in die verkryging van
lisensies gedwing om hul vuurwapens te oorhandig.


Hy voer aan die respondente is "onregverdig en arbitrêr" omdat hulle nie
reël 137 van die Vuurwapenbeheerwet nakom nie. "Dit sal reël 25 van die
Grondwet oortree vir die staat om slegs te sê dat hy dit nie kan bekostig nie."
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron