2008-06-23 : Brief : Dra jou vuurwapen saam

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-06-23 : Brief : Dra jou vuurwapen saam

Postby GOSA » Wed, 2008-07-16 14:35

http://www.dieburger.com/Stories/Opinio ... 93019.aspx


BRIEWE, 23 Junie: Dra jou vuurwapen saam
22/06/2008 08:31:57 PM - (SA)


NA aanleiding van die roof op Pieter van der Merwe by Absa Santyger (DB,
18.06) die volgende: Vandat ek my vuurwapen gekoop het (ongeveer 15 jaar
gelede), dra ek dit aan my sy.


Baie mense besit vuurwapens (vir selfverdediging), maar die vuurwapen is
permanent in 'n kluis toegesluit. Hoe verdedig jy jouself met 'n vuurwapen
as dit in 'n kluis toegesluit is? Wanneer gaan ons ophou om te aanvaar om
slagoffers te wees?


Ek moes al ongelukkig drie keer my vuurwapen gebruik. Twee keer om my lewe
te verdedig en een keer om misdadigers aan te tree wat by iemand se huis
ingebreek het. Die onbekende persoon kon toe al sy gesteelde eiendom terugkry.


Wat sal gebeur as alle vuurwapeneienaars (wat kan skiet en hulself kan
verdedig) van môre af hul vuurwapens by hulle dra? Ek is 'n gereelde kliënt
by Absa Santyger. Indien ek daar was tydens die voorval, het die rowers
dalk nie weggekom nie. Waar was al die mense toe die skote klap? Almal
hardloop weg en kruip weg, want hul vuurwapens is in hul kluise toegesluit.


Dieselfde het 'n paar maande gelede by 'n gimnasium in Durbanville gebeur.
En 'n tyd gelede het 'n man en sy vrou van die Bloemendal-restaurant gery
toe 'n paar mans met messe hul in die paadjie op die berg voorkeer. So kan
ek nog duisende voorbeelde noem. En dan vra die mense nog hoekom dra ek 'n
vuurwapen. As die misdadigers in hierdie land weet dat ons van môre af
almal ons vuurwapens by ons gaan dra, en dat ons gaan ophou om slagoffers
te wees, dan gaan dinge gou verander.


En die storie dat jy tronk toe gaan as jy skiet, is 'n wolhaarstorie. Dit
is jou plig om jou regte en die wet te ken, en die wet sê jy mag skiet om
jou, of iemand anders, se lewe te verdedig, teen die wederregtelike en
opsetlike optrede van misdadigers.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron