2008-06-08 : Twee mans in Khayamandi-skietvoorvalle beseer

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-06-08 : Twee mans in Khayamandi-skietvoorvalle beseer

Postby GOSA » Wed, 2008-07-16 13:50

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 91474.aspx


Twee mans in Khayamandi-skietvoorvalle beseer
08/06/2008 10:49:02 PM - (SA)


STELLENBOSCH. ­ 'n Polisieman van Khayamandi is na 'n hospitaal gebring
nadat hy gister met 'n skietwond aan die gesig in sy huis gevind is.


Sr.supt. Billy Jones, polisiewoordvoerder, het gesê mense in Luyolostraat
het omstreeks 13:30 gistermiddag 'n skoot hoor afgaan. Hulle het die huis
binnegegaan en die polisieman op sy bed gevind. Hy is in die wang getref.
Sy amptelike vuurwapen is by hom op sy bed gevind.


"Hy is in die Stellenbosch Medi-Clinic in 'n bestendige toestand. Tans wil
ons nie sy naam bekend maak nie ter wille van sy privaatheid."


Hy het gesê hulle ondersoek nog die voorval.

In 'n ander voorval in Khayamandi is 'n jong man (19) deur 'n polisieman
gewond. Dit het gisteroggend plaasgevind nadat die polisie 'n klag by die
Hoërskool Khayamandi ondersoek het.


"Hulle het 'n jong man met 'n rekenaar in die skool gevind. Die verdagte
wou weghardloop, maar die polisie het hom agterna gesit, waarna hy 'n mes
uitgehaal en 'n polisielid in die arm gesteek het."


Die verdagte is in die been gewond en na die naaste hospitaal gebring vir
behandeling, het Jones gesê. Hy is dieselfde dag ontslaan en is nou in
aanhouding.


Hy sal Dinsdag in die landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord,
huisbraak en diefstal.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron