2008-06-02 : Man sterf na polisieman op hom skiet

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-06-02 : Man sterf na polisieman op hom skiet

Postby GOSA » Wed, 2008-07-16 13:44

Man sterf na polisieman op hom skiet


Maygene de Wee


KAAPSTAD - 'n Inwoner van Khayelitsha is Saterdagmiddag glo vyf keer deur
'n polisieman van die Nyanga-polisiekantoor geskiet en het op die toneel
beswyk.


Mnr. Lunga Mdiko is twee keer in die gesig gewond.


Volgens ooggetuies en Mdiko se broer het hulle oor Spineweg gery toe hulle
ligte agter hulle sien flits en 'n toeter hoor.


"My broer het afgetrek. Die ander bestuurder het die pad voor ons geblok."
Hy sê sy broer het uitgeklim en na die verdagte gestap.


Die man het hom glo gevra waar sy rybewys is en het gesê hy is 'n polisieman.


Mdiko se broer, wat nie sy naam wou gee nie, sê die polisieman was in 'n
private motor sonder enige polisiekentekens.


Die oorledene het glo gesê hy gaan nie sy rybewys wys nie omdat daar nie
bewyse is dat die verdagte wel 'n lid van die polisie is nie.


Die man het daarna glo uit sy motor geklim en sy vuurwapen uitgehaal. Hy
het twee skote afgevuur, waarvan een die oorledene glo in die knie en een
in sy heup getref het.


Daarna het die verdagte glo 'n identiteitskaartjie uitgehaal en gesê dat hy
die polisie is en kan doen wat hy wil.


Die oorledene het glo na die eerste skote gevra hoekom hy hom skiet, waarna
hy hom glo nog drie keer raakgeskiet het. Hy is op die toneel dood.


Kapt. Elliott Sinyangana, 'n polisiewoordvoerder, het gister bevestig die
speurder van Nyanga word deur 'n klag van moord in die gesig gestaar.


Hy wou egter nie sê wanneer hy in die hof sal verskyn nie en wou ook nie sê
hoeveel keer die man raakgeskiet is nie.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron