2008-05-22 : Egoli-ster smeek om haar lewe

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-05-22 : Egoli-ster smeek om haar lewe

Postby GOSA » Wed, 2008-07-16 13:36

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 43816.aspx


Egoli-ster smeek om haar lewe
PHILIP DE BRUIN
22/05/2008 09:13:15 PM - (SA)


KAAPSTAD. ­ Met 'n pistool teen haar kop het die aktrise Tamarin du Toit
haar aanvallers gesmeek: "Moet my net nie doodskiet nie, asseblief."


Sy is later aan haar bos bloedrooi hare uit haar motor gepluk, neergegooi
en in die maag geskop voordat hulle met haar voertuig gevlug het.


Du Toit vertolk die rol van die vuurvreter Cat in die M-Net-sepie Egoli.


Die motorkaping het Dinsdagaand by die huis van 'n vriend van haar in 'n
veiligheidskompleks in Melville, Johannesburg, gebeur.


"Ek het by die interkompaal stilgehou om te vra dat die hek oopgemaak word.
My ruit was uiteraard afgedraai.


"Die volgende oomblik het ek net 'n hand by die venster gesien en is 'n
pistool teen my kop gedruk. Die kaper het my gewaarsku dat hy my sal
doodskiet as ek dit waag om te skreeu. Ek was vreesbevange en het hom net
gesmeek om my asseblief nie dood te maak nie," vertel Du Toit gister ­ die
eerste keer dat sy sterk genoeg gevoel het om oor die voorval te praat.


"Die booswig het my deur oopgemaak en hy en sy makker het my met geweld en
aan my hare uit my motor geruk en op die grond neergegooi. Een van hulle
het my in die maag geskop. Ek was geweldig in skok.


"Hulle het in my motor geklim en weggejaag. Ek onthou nog dat ek besef het
my handsak met my hele lewe daarin is nog in die motor en het geskreeu:
'Gooi asseblief net my handsak uit' ­ maar dit was vergeefs. Ek het nou
geen selfoon nie, geen bankkaarte nie, geen ID nie ­ niks."


Du Toit is toegelaat om eergister en gister uit te rus en opnames van
tonele waarin sy in Egoli moes speel, is na ander datums verskuif.


Dit is haar derde onaangename ervaring in die laaste jaar. Sy was onlangs
in 'n ernstige motorongeluk en in Julie verlede jaar het prostitute haar by
'n OTM in Illovo aangeval ­ sy weet nou nog nie hoekom nie.


"Maar hulle se mos third time lucky. Dalk was hierdie derde voorval nou my
laaste."
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron