2008-04-30 : Brief : Lig ons in oor misdaad

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-04-30 : Brief : Lig ons in oor misdaad

Postby GOSA » Fri, 2008-05-16 12:01

http://www.dieburger.com/Stories/Opinio ... 38992.aspx


BRIEWE, 30 April: Lig ons in oor misdaad
29/04/2008 07:48:46 PM - (SA)


ONGEVEER twee weke gelede is 'n pragtige vrou van Bergvliet blykbaar in 'n
kapingsaanval vermoor. Haar doodsberigte was in ons koerant onder die
geklassifiseerde advertensies.


Volgens nuusberigte op die radio en TV is 'n egpaar op 'n plaas drie dae
gelede wreed deur ontsnapte misdadigers vermoor.


Ek soek tevergeefs na beriggewing oor hierdie voorvalle in ons koerant en
ek glo daar is nog vele ander waarvan ek nie eens weet nie. Waarskynlik
word dit nie as nuuswaardig beskou nie.


Wat ek nie verstaan nie, is waarom die koerant die helfte van die voorblad
afstaan aan 'n berig met twee reusefoto's van twee mans se geïrriteerdheid
met 'n veiligheidswag wat hulle nie by 'n hek wou laat ingaan sonder die
nodige identifikasie nie.


Ek wil sommer vra: Joost en Corrie, wat is die lesers van Die Burger se
belang by jul boosheid?


Van Joost se geïrriteerdheid het ek genoeg gehad toe hy in sy speeldae soos
'n ballerina met sy hande in die lug agter die skrum rondgedans het in
plaas daarvan om sy oog op die bal te hou.


Om die saak nog te vererger word daar die volgende dag nog 'n halwe
voorblad afgestaan om te verduidelik hoe daar hartstogtelik om verskoning
gevra is en die veiligheidswag nou verder "opgelei" sal word.


Miskien moet laasgenoemde liewer bedank word dat sy wel sorg dat 'n ieder
en elk nie sommer net by die veilige landgoed instap nie.


Miskien is dit tyd dat daar aandag gegee word aan die nuuswaardigheid van
die beriggewing van ons koerant.


Die berig van Vrydag waarvolgens die Kaap die hoogste misdaadsyfer in die
land het, was vir my 'n verrassing, want ons sien min daarvan in ons koerant.


Ek lees steeds Die Burger, maar ek kan nie meer saamgesels nie, want ek
weet nie wat in ons omgewing aangaan nie.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron