2008-04-25 : Rooftogte in opritte neem wyd toe

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-04-25 : Rooftogte in opritte neem wyd toe

Postby GOSA » Fri, 2008-05-16 11:48

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 46979.aspx


Rooftogte in opritte neem wyd toe
LLEWELLYN PRINCE
25/04/2008 08:19:24 AM - (SA)


KAAPSTAD. ­ Opritrooftogte soos die een waarin prof. Kevin Rochford van die
Universiteit van Kaapstad Dinsdagaand voor sy huis in Mowbray vermoor is,
is die werk van 'n sindikaat.


Komm. Mzwandile Petros, Wes-Kaapse polisiehoof, het dít gister bevestig op
die eerste weeklikse vergadering met die plaaslike media by die provinsiale
hoofkantoor van die polisie in Groenpunt.


Volgens Petros is misdaad, veral geweldsmisdade, in die Wes-Kaap op 'n
afwaartse kurwe, maar veroorsaak kredietkaart- en OTM-bedrog, oprit- en
huisrooftogte sowel as motorkapings nog hoofbrekens.


Hy het ook sy medelye met Rochford se gesin uitgespreek en gesê bronne sal
aan die Mowbray-polisiekantoor beskikbaar gestel word om dié voorval, soos
alle ander, deeglik te ondersoek.


Volgens Petros gaan veral die suidelike voorstede, maar onlangs ook gebiede
in Milnerton en Parow, onder oprit-rooftogte gebuk.


"Teen Maart vanjaar is sowat 24 mense in verband met sowat 86 van dié
rooftogte aangekeer. Ons staan borgtog teen, maar agt mense het borgtog gekry.


"In baie gevalle is gesteelde kredietkaarte van hul slagoffers in die
verdagtes se besit gevind. Hul motief vir dié rooftogte is dus slagoffers
se beursies. Die stilste gebiede word die hardste geslaan."


Volgens Petros het onlangse verdere opritrooftogte in die Milnerton-gebied,
asook Parow, daartoe gelei dat meer polisiebeamptes in die betrokke gebiede
ontplooi is.


Hy het gesê een van die verdagtes wat borgtog gekry het, is later weer op
soortgelyke aanklagte in hegtenis geneem. "Sewe is tans buite en ons werk
saam met ander departemente om hul doen en late deurgaans te monitor."


Kredietkaart- en OTM-bedrog het volgens Petros ook erg in veral St.
George-wandellaan, Adderley­straat en die Kaapstadse stasie in die
middestad toegeneem.


"Ons het om dié rede en vir ander minder ernstige misdade sedert begin
April sowat 120 polisiereserviste in uniform in dié gebiede ontplooi."


"Sowat 499 mense, waaronder een van die verdagtes in die onlangse groot
bankroof by die Van­guard-winkelsentrum in Athlone, is sedertdien in
verband met misdade soos onwettige immigrasie en dwelmhandel aangekeer."


Dié reserviste is ook in Seepunt en Kampsbaai ontplooi en sal later na
ander gebiede in die metropool ontplooi word.


Petros het gesê die getal rooftogte by huise is ook hoog. "Ons het
agtergekom mense breek by huise in en word nie afgeskrik as die inwoners
tuis is nie."


Volgens Petros het veral Kampsbaai onder inbrake by huise deurgeloop, maar
het hul ondersoeke getoon dat individue daarvoor verantwoordelik is.


Motorkapings het volgens hom in die huidige boekjaar in Claremont afgeneem
weens 'n groter polisieteenwoordigheid, maar dit het nou na townships soos
Khayelitsha oorgespoel.


"Ons inhegtenisnemingsgeskiedenis toon dat dieselfde ouens wat by kapings
betrokke is, by transitorooftogte betrokke is."


Petros het gesê sluipmoorde is erg onder bendes, hoewel daar nie nou 'n
bendeoorlog aan die gang is nie. Hy het gesê bendes word met dwelms verbind
en gebiede soos Seepunt, Durbanville en Milnerton wat voorheen nie
dwelmprobleme gehad het nie, ondervind dit nou.


Volgens hom gaan alle polisiekantore in die provinsie binne twee maande ook
oor 'n diens beskik waar slagoffers van misdaad per SMS oor die vordering
van hul saak ingelig sal word.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron