2008-04-13 : Brief : Is genoeg ooit genoeg?

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-04-13 : Brief : Is genoeg ooit genoeg?

Postby GOSA » Fri, 2008-05-16 11:32

http://www.dieburger.com/Stories/Opinio ... 12689.aspx


Is genoeg ooit genoeg?
HUNTER KENNEDY
13/04/2008 11:27:35 PM - (SA)


WAT is dit wat in ons gene geprogrammeer is dat ons net nooit genoeg kan
kry nie?


Alles moet altyd groter, beter, duurder, luukser, MEER.


Ons kan nie ons bevolkings- getalle onder beheer hou nie, wat volgens my
een van die een groot redes vir oorloë, hongersnood en siektes is. Die
wêreld se koolstofbronne raak op, maar ons raak net meer. Ons plant voort
soos die een of ander virus. Die een of ander kosmiese kanker.


Wanneer gaan moederaarde sê genoeg is genoeg? Of het sy reeds? Die
tienduisende swaeltjies wat in Limpopo uit die lug uit morsdood geval het,
behoort 'n goeie aanwyser te wees dat daar iets drasties verkeerd is, maar
steeds ploeter ons voort.


Neem byvoorbeeld Mugabe. Hy kan net nie genoeg kry nie. Aan die ander kant,
wat gaan hy doen as hy nou nie meer die rol van mal diktator kan speel nie?


Gaan hy wegtrek? Selfmoord pleeg?


Daar is ook nog Amerika in Irak. Wat de hel? Mense het dit al vergeet, maar
steeds is hulle daar. Wat in hemels naam maak hulle (nog) daar? Wat gaan
Amerika doen as hy nie meer die rol van geldgierige bullebak speel nie?


Miskien is dít die fout. Iewers in ons kollektiewe bewussyn is 'n switch
geflip, en nou kan ons nie meer ophou verwoesting saai nie.


Hoekom kan ons nie net 'n ruk lank stop nie? Net stop met al ons snert. 'n
Bietjie agteroorsit en dink en dan stadig van voor af begin.


Dis idealisties, ek weet, en totaal verregaande.


Die "shoot to kill"-debakel is nogal heavy. Hoewel ek nie heeltemal
daarteen gekant is nie ­ dis hoog tyd dat iemand die saak aanpak, en ons
minister van veiligheid is seker die beste kandidaat ­ is daar net iets
omtrent die idee van geweld met geweld beveg wat nie vir my reg klink nie.


Is dit nie hoe oorlog begin nie? Of is ons klaar midde in een?


Die ding kan moontlik hand uitruk. Met al die aantygings van die polisie se
magsmisbruik, en byvoorbeeld daai vrou wat gemoker is omdat haar hond sy
ding op die sypaadjie gedoen het, weet ek nie of dit die slimste idee is om
ons polisie vrye teuels met hul vuurwapens te gee nie. Hulle doen seker in
elk geval net wat hulle wil.


Nou wonder ek: Wat het hulle voorheen gedoen as die misdadigers op hulle
geskiet het?


Wat is die verskil tussen "shoot to kill" en die doodstraf?
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron