2008-04-02 : Estée: "Hy was veronderstel om haar te beskerm"

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-04-02 : Estée: "Hy was veronderstel om haar te bes

Postby GOSA » Fri, 2008-05-16 10:31

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 91522.aspx


Estée: "Hy was veronderstel om haar te beskerm"
HILDA FOURIE
02/04/2008 10:46:05 AM - (SA)


'n Veiligheidswag is gister in verband met die moord op die 19-jarige me.
Estée van Rensburg in hegtenis geneem ­ terwyl hy besig was met 'n
roetine-patrollie.


Dir. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die 25-jarige
wag is omstreeks 08:15 aangekeer.


"Dié man is bekend in die omgewing. Hy is van 'n plaaslike
veiligheidsmaatskappy en het gemeenskapspolisiëring in die omgewing
gedoen," het De Beer gesê.


"Hy was veronderstel om Estée te beskerm."


Van Rensburg (19) se lyk is verlede Woensdagoggend halfnaak op haar ouers
se bed in hul huis in Tonettistraat in Faerie Glen in die ooste van
Pretoria gevind. Sy is dood weens 'n skoot in die kop.


Mnr. Koos van Rensburg het gister by sy dogter se roudiens gesê hy het
bevestiging van die polisie gekry dat sy dogter nie verkrag is nie en as 'n
maagd gesterf het.


Volgens De Beer was die wag gisteroggend aan diens toe hy gearresteer is.


Hy het patrollie in Faerie Glen gedoen.


Dr. André Botha, Van Rensburg se oom wat die diens gelei het, het gesê haar
motor, bankkaart en 'n televisie is by die man gekry.


Absa het die polisie na wat verneem word in die ondersoek bygestaan.


Volgens De Beer het lede van die Boschkop-polisie, speurders van die
Gautengse provinsiale taakspan, lede van die misdaad-intelligensie-eenheid
en die hoëtegnologie-projeksentrum onverpoos gewerk om Van Rensburg se
moordenaar te identifiseer en vas te trek.


'n Saak van moord en huisbraak word ondersoek.


Die wag het glo by Faerie Glen Community Patrols gewerk.


Hy sal na verwagting môre in die landdroshof in Pretoria verskyn.


Me. Karen Meyer, DA-woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid in die
Tshwane-metroraad, het in reaksie gesê die misdaadsituasie in Pretoria is
vreesaanjaend genoeg. "Die feit dat die beskuldigde 'n lid blyk te wees van
Faerie Glen Community Patrols, is totaal skokkend," het Meyer gesê.


"Die gemeenskap is geneig om die beskuldigdes van sulke wreedaardige
misdade buite hul omgewing te soek.


"Ons verwag nie dat die misdadigers tussen ons en binne ons gemeenskappe
leef en werk nie."
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron