2008-01-13 : Man met eie wapen doodgeskiet

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-01-13 : Man met eie wapen doodgeskiet

Postby GOSA » Fri, 2008-03-07 07:00

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 96339.aspx


Man met eie wapen doodgeskiet
MARELIZE BARNARD
13/01/2008 11:01:56 PM - (SA)


KAAPSTAD. ­ 'n Smousery met 'n skootrekenaar op 'n Saterdagoggend het gelei
tot 'n skietgeveg waarin 'n man van Woodstock met sy eie rewolwer
doodgeskiet is nadat hy twee Nigeriese mans gewond het.


Die vermoorde mnr. Ashley Jones (33) se lyk is op die toneel deur sy ouers
uitgeken. Hy het met twee skietwonde in 'n gang van 'n gebou in
Gympiestraat gelê.


'n Huilende mev. Susan Jones is deur familielede getroos nadat sy en haar
man, mnr. Vincent Jones, na hul seun se lyk gaan kyk het.


Sr.supt. Billy Jones, 'n polisiewoordvoerder, het gesê blykbaar wou Jones
die skootrekenaar verkoop by 'n vermeende afsetpunt vir gesteelde goedere
toe die argument tussen hom en die twee Nigeriese mans ontstaan het.


Jones het 'n .38 Special-rewolwer uitgepluk en die een man geskiet.


Dié man het uitgehardloop en die vertrek met 'n skuifslot van buite gesluit.


Binne het die bloedige bakleiery voortgeduur. Jones het glo die tweede
Nigeriese man in die been en arm geskiet, waarop die gewonde man die
rewolwer in 'n gestoei in die hande gekry en Jones twee keer geskiet het.


Die twee Nigeriërs is in 'n ernstige toestand in die Groote Schuur-hospitaal.


Op die toneel is gesteelde goedere, onder meer vyf selfone en twee
musieksentrums, gekry.


Die polisie ondersoek klagte van moord en die besit van vermoedelik
gesteelde goedere.


Verskeie polisielede het in en uit die gebou beweeg met die woorde: "Notice
No Visitors No Drugs" in swart op die voordeur geverf.


'n Familielid het op 'n groep mense afgestorm en geskree hulle moet
teruggaan Nigerië toe en dat hulle nie in Suid-Afrika hoort nie.


Die Jones-egpaar wou nie oor hul seun se moord praat nie.


Sy tannie, mev. Sarah Jones, het gesê soos sy nou voel, wil sy niks daaroor
sê nie, "hy lê nou klaar dood".
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron