2008-01-13 : LP vra vrae oor los motorwiele by parlement

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-01-13 : LP vra vrae oor los motorwiele by parlement

Postby GOSA » Fri, 2008-03-07 06:58

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 74145.aspx


LP vra vrae oor los motorwiele by parlement
LIESL PEYPER
13/01/2008 10:17:52 PM - (SA)


KAAPSTAD. ­ Ver van jou goed, naby jou skade.


'n Parlementslid van die DA het hierdie gesegde die afgelope naweek
eerstehands ervaar toe hy met sy terugkeer van sy vakansie af sy luukse
sportmotor op vier bakstene aangetref het met die boute van ál vier wiele
wat reeds losgedraai was ­ gereed om gebuit te word. Dit alles het onder 24
uur-polisiebewaking plaasgevind.


Mnr. Mark Lowe, die DA se woordvoerder oor binnelandse sake, se motor was
vir drie weke in die kelderverdieping van die parlement se parkeergarage in
Pleinstraat geparkeer.


Dit is 'n perseel wat nie net voortdurend bewaak word nie, maar waar daar
ook streng toegangbeheer toegepas word. Net diegene met 'n permit mag die
perseel betree.


Hy parkeer reeds die afgelope tien jaar daar en was onder die indruk dat sy
voertuig daar veilig is.


Groot was sy verbasing toe hy Saterdag met sy terugkeer van vakansie besef
dat sy motor by die voor- én agterwiele met 'n domkrag opgehys is.


Toe Lowe Saterdag polisielede oor die voorval uitgevra het, het hulle net
hul skouers opgehaal en gesê hulle dra nie kennis daarvan nie.


Lowe het versoek dat hy beeldmateriaal van die sekerheidskameras te siene
kry, maar die versoek is geweier omdat hy glo spesiale toestemming daarvoor
moes kry.


Hy gaan vandag 'n brief aan me. Baleka Mbete, die speaker van die
parlement, oorhandig sodat nadere ondersoek na die voorval gedoen kan word.


Lowe vind dit egter moeilik om te glo dat niemand die voorval gadegeslaan
het nie.


Hy wil ook weet hoekom niemand hom daarvan verwittig het nie.


Ál die motors wat by die parlement geparkeer word, moet 'n parkeerskyfie hê
waarop die naam en kontakbesonderhede van die eienaar aangebring moet wees.
Dit sou dus maklik gewees het om hom telefonies te bereik.


Die polisie se nasionale woordvoerder, sr.supt. Vish Naidoo, het aan die
Weekend Argus gesê Lowe behoort eerder dankbaar te wees dat die wiele nié
gesteel is nie.


"Die feit dat nie een van die wiele verwyder is nie, is 'n aanduiding dat
die veiligheid by die parlement wél goed is," het Naidoo gesê.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron