2007-12-07 : Rowers wíl jou martel, sê kenner

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-12-07 : Rowers wíl jou martel, sê kenner

Postby GOSA » Wed, 2008-01-09 13:15

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 40634.aspx


Rowers wíl jou martel, sê kenner
MARELIZE BARNARD
07/12/2007 10:33:43 PM - (SA)


KAAPSTAD. ­ Die meer gewelddadige aard van misdaad ­ waar mense se vingers
afgekap, hulle met kookwater gegooi of met strykysters gebrand word tydens
rooftogte in hul huise ­ is 'n kommerwekkende nuwe martel-patroon in die land.


Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie
(ISS), het gesê terwyl misdade voorheen by huise gepleeg is terwyl mense
nie daar was nie, het die patroon die afgelope twee, drie jaar verander na
een waar misdadigers nou verkies dat mense tuis is.


Die een rede hiervoor is dat misdadigers hulle meer toespits op kleiner,
meer waardevolle items soos selfone en juwele, terwyl hulle in die verlede
goed soos komberse sou buit.


"Hulle wil hê jy moet daar wees, sodat hulle toegang kan kry tot jou kluise
en bankkaarte. Martel­metodes word gebruik sodat inligting uit jou gekry
kan word," het Burger gesê.


Hy het verder gesê hoewel marteling vir inligting tot 'n groot mate die
gewelddadigheid verklaar, is daar ook die bykomende, baie meer komplekse
verklaring wat verband hou met rykdom en armoede.


"Mense wat in armoedige omstandighede bly en dan die luukse van ander moet
aanskou, raak desperaat. Hulle haal hul woede en frustrasie met geweld op
hul slagoffers uit. Die gewelddadigheid van aanvalle is besig om toe te
neem," het Burger gesê.


Oor die aantal moorde in die Wes-Kaap wat vir die semester van begin April
tot einde September vanjaar 1473 is en met twintig moorde toegeneem het
teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, het Burger gesê hoewel
voorvalle van moord baie kommerwekkend is vir mense, moet in ag geneem word
dat ander misdade, soos ernstige voorvalle van roof, met 'n groter
persentasie gedaal het as in die res van die land.


Die toename van rooftogte by ondernemings is kommerwekkend. Die styging van
89 na 239 is volgens Burger 'n redelik ernstige opwaartse kurwe. In Gauteng
was daar 2 407 rooftogte.


Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, mnr. Leonard
Ramatlakane, het gesê in die Wes-Kaap is 21 gebiede uitgeken waar die
meeste misdade gepleeg en waar dwelmmisbruik die oorhand het. Meer
polisielede, hulpbronne en misdaadvoorkomingsprogram­me is hier ingespan en
die plan wys nou resultate.


"Hoewel ons tevrede is met die geleidelike afname in misdaad, gaan ons nie
op ons louere rus nie. Ons is steeds bekommerd oor dwelmmisbruik, veral
tik, 'n plaag wat gesinne vernietig," het Ramatlakane gesê.


Mnr. Andreas Pluddemann, 'n senior navorser van die Mediese Navorsingsraad
(MNR), het gesê die feit dat daar so baie tik in omloop is in die Wes-Kaap,
sal 'n impak op die misdaadsyfer hê.


Oor die toename van dwelmverwante misdade van 10,8 % in die nuwe semester
het Pluddemann gesê dit kan deels wees omdat die polisie groter sukses
behaal met inhegtenisnemings, maar ook omdat daar meer dwelms in omloop is.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron