2007-12-02 : Talle polisielede help glo ontsnaptes

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-12-02 : Talle polisielede help glo ontsnaptes

Postby GOSA » Fri, 2007-12-21 07:17

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 84193.aspx


Talle polisielede help glo ontsnaptes
02/12/2007 11:39:30 PM - (SA)


KAAPSTAD. ­ Altesame 707 polisielede is binne 'n jaar strafregtelik
aangekla dat hulle gevangenes uit selle help ontsnap het.


Van die 707 aangeklaagdes is daar tot dusver net teen 14 opgetree ingevolge
die departement se tugregulasies.


Dié inligting is verskaf deur die departement van veiligheid en sekuriteit
in antwoord op 'n vraag wat die DA verlede maand aan die polisie gestel het
in die parlement toe hulle voor die betrokke portefeuljekomitee verskyn het.


Die groot verskil tussen die syfers is gister deur die DA-LP, me. Dian­ne
Kohler-Barnard, bevraagteken, wat gesê het hulle gaan aan die minister
skryf om verdere inligting te verskaf.


Van die 14 is ses skuldig bevind aan nalatigheid, drie onskuldig bevind,
vier se tugproses duur voort en een het bedank.


Kohler-Barnard het gister aan Die Burger gesê die res van die aangeklaagdes
dien steeds in die polisiemag sonder dat daar skynbaar enige vordering met
hul sake gemaak is. "Dit hang dus net in die lug."


Die 707 lede is in die 2006-'07-boekjaar aangekla. In dié tydperk was daar
905 suksesvolle ontsnappings uit polisieselle waarby 1408 aangehoudenes
betrokke was. Sedertdien is slegs 591 van hulle weer in hegtenis geneem.


Volgens Kohler-Barnard is hulle "diep bekommerd" oor die situasie. "Ons
vind dit onaanvaarbaar dat polisielede wat aangekla word vir bystand aan
ontsnaptes steeds diens lewer aan die publiek. Hulle moet onmiddellik
geskors word.


"Verder is die polisie geneig om sy beamptes met volle salaris te skors
terwyl die klagtes teen hulle ondersoek word. Hierdie ondersoeke kan
maande, selfs jare, duur en die polisie miljoene rande kos.


"Daar moet seker gemaak word dat as 'n klag teen 'n beampte ingedien word,
dit so spoedig en doeltreffend moontlik ondersoek word." ­ Anesca Smith
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron