2007-12-03 : Bekende naby wildtuin vermoor

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-12-03 : Bekende naby wildtuin vermoor

Postby GOSA » Fri, 2007-12-21 07:16

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 84807.aspx


Bekende naby wildtuin vermoor
EUGENE GUNNING EN BUKS VILJOEN
03/12/2007 08:56:57 AM - (SA)


KAAPSTAD. ­ 'n Bekende sakeman van Robertson in die Wes-Kaap, mnr. Rudolph
(Rudi) Harris, wat Vrydagaand wreed naby die Krugerwildtuin vermoor is, sou
aanstaande week saam met sy gesin by Franskraal gaan uitspan het.


Die 50-jarige Harris is Vrydagaand deur booswigte ten aanskoue van sy vrou,
mev. Susan Harris (48), en vriende by hul vakansiehuis by Marlothpark naby
die Krugerwildtuin doodgeskiet.


Na verneem word, het Harris skaars 'n uur vroeër van Kaapstad af by sy
vakansiehuis aangekom.


Harris het Vrydag vir die dag terug Kaap toe gevlieg om 'n saketransaksie
af te handel nadat hy en sy vrou vroeër reeds by Marlothpark met vakansie
aangekom het. Hy was Vrydagaand glo skaars 30 minute weer terug daar toe hy
doodgeskiet is.


Mev. Harris het reeds Saterdag saam met die egpaar se dogter, Ruzanne, na
Robertson teruggekeer. Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie, maar
dit sal waarskynlik eers aanstaande week plaasvind.


Harris ly erg aan skok en was nie vir kommentaar beskikbaar nie.


Die gesin se oudste seun, mnr. Eldrid Harris, het aan Die Burger gesê sy
ouers het Saterdag 'n week gelede na hul vakansiehuis op die oewers van die
Krokodilrivier in Mpumalanga vertrek, waar hulle verlede week ontspan het.


Vrydag het vriende by hulle gaan kuier.


Hulle het die aand 'n braai gehou in die lapa voor die dubbelverdiepinghuis.


Net nadat hulle aan tafel gaan sit het, het vier mans oor 'n muur gespring.


"My ma en die vrou het na die stoep van die huis beweeg. My pa het een van
die mans, wat met 'n outomatiese geweer gewapen was, gekonfronteer. Hy het
die geweer probeer gryp en 'n stoeiery het ontstaan.


"In die stoeiery het een van die ander mans ook my pa aangeval. Hy het hom
met 'n pistool in die bors geskiet. My pa het na my ma gestrompel en hy is
in haar arms oorlede."


Volgens Harris jr. het sy ouers die huis aan die begin van die jaar gekoop.
Hulle besit ook saam met ander mense belange in nog 'n huis daar. Sy pa het
graag daarheen gegaan en gewoonlik was hy minstens tien keer per jaar daar.


"My pa was baie lief vir die buite-lewe. Hy het geleef vir Marloth."


Die familie het voorheen op Groblersdal in Mpumalanga geboer en 14 jaar
gelede na Robertson verhuis. "Dis 'n moeilike tyd vir my ma. My pa het
voluit geleef."


Harris word oorleef deur sy vrou en vier kinders.


Hulle is Eldrid, 'n leerling-rekenmeester; Ruzanne, wat pas klaar is met
haar onderwysstudie aan die Universiteit Stellenbosch (US); Coenraad, wat
vanjaar 'n eerstejaar-student in medies aan die US was, en Francois, wat
aanstaande jaar in gr.12 is.

Saterdagaand het dieselfde bende kort ná 21:00 op 'n gesin in
Luiperdstraat in Komatipoort toegeslaan en hulle van geld en selfone
beroof. Vier uur later is 'n tweede gesin in Swartwitpensstraat oorval
terwyl hulle geslaap het. Hulle is ook van geld, selfone en kos beroof.


Die polisie het 'n spesiale taakspan saamgestel om die rooftogte te ondersoek.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron