2007-12-02 : Nóg 'n vrou aangeval op bergpad in Eikestad

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-12-02 : Nóg 'n vrou aangeval op bergpad in Eikestad

Postby GOSA » Fri, 2007-12-21 07:14

http://www.dieburger.com/Stories/News/R ... 92765.aspx


Nóg 'n vrou aangeval op bergpad in Eikestad
JACKIE PIENAAR-BRINK
02/12/2007 11:50:17 PM - (SA)


STELLENBOSCH. ­ 'n Plaaslike sakeman wat 'n bergfietsryer wou help nadat sy
op die bergroete bo Coetzenburg beroof is, het twee snywonde opgedoen in 'n
worsteling met die rower ­ wat met 'n mes en 'n ystervarkpen gewapen was.


Nog 'n barmhartige Samaritaan is met 'n klip teen die arm getref.


Dié voorval was op dieselfde dag dat Suid-Afrika se voorste driekampatleet,
Mari Rabie, op dieselfde roete moes vlug van 'n man wat haar gekonfronteer
het. Die terrein behoort aan die Universiteit Stellenbosch (US) en word nie
net gereeld deur stappers, plaaslike atlete en fietsryers gebruik nie, maar
ook deur buitelanders wat daar oefen. Ontstoke inwoners eis nou
daadwerklike aksie van die US en die polisie.


Dit het intussen aan die lig gekom dat daar die afgelope tyd veel meer
voorvalle op die betrokke roete was as wat algemeen bekend was.


In die jongste voorval is me. Melvi Todd (23), 'n meestersgraad-student aan
die US, Vrydag omstreeks 17:30 op haar bergfiets deur 'n man voorgekeer.


Toe sy sowat 2km van waar Rabie moes vlug om 'n draai kom, het 'n man met
uitgestrekte arms haar aangesê om te stop. "Die eerste ding wat ek opgemerk
het, was 'n mes in sy een hand met 'n lem van tussen 20cm en 25 cm lank en
'n ystervarkpen in die ander hand," het sy gesê. Hy het bedwelmd voorgekom
en haar rugsakkie en fietsryhandskoene geëis. Dit was vir haar vreemd dat
hy net daar bly staan het.


Kort daarna het Todd 'n man op 'n bergfiets sien aankom en aan hom geskree
dat sy pas beroof is.


Weer was dit vreemd dat die rower nie weggehardloop het terwyl sy aan die
man verduidelik wat gebeur het nie.


Toe die man die rower versoek om haar sak terug te gee, is hy herhaaldelik
in Afrikaans gevloek. Verdere versoeke het die rower groot klippe in hul
rigting laat slinger, waarvan een die man teen die arm getref het.


In daardie stadium het die sakeman en sy dogter aangestap gekom. Toe hy
hoor wat gebeur het, het hy na die rower gestap en haar sak gevra.


"Dit was toe dat hy regtig aggressief geraak en die mes dreigend opgehou
het," het Todd gesê.


Die volgende oomblik het albei mans die rower in die bosse langs die
paadjie platgetrek. Die een kon haar sak gryp, maar in die proses is die
sakeman agter die linkeroor en op die arm gesny.


"Hy het erg gebloei," het Todd gesê. "En binne sekondes was die rower 200
meter die bosse in."


Die oomblik toe sy haar sak teruggehad het, het sy die polisie gebel, wat
volgens haar vinnig daar was.


Sy is bitter dankbaar vir die twee mans se hulp, het Todd gister gesê. "Ek
het die gevoel gehad dat die rower nie met my klaar was nie. Ek weet nie
wat sou gebeur het as hulle nie daar aangekom het nie."
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron